Die vaalboskat of groukat (Felis silvestris lybica) is 'n subspesie van F.
silvestris. Dit lyk asof hulle ongeveer 131 000 jaar gelede afgestam het van 'n ander subspesie. 'n Sekere individu is ongeveer 10 000 jaar gelede mak gemaak in die Midde-Ooste, en is waarskynlik die voorvader van vandag se huiskatte. 'n Mak kat saam met mensoorblyfsels wat 9500 jaar terugdateer is in Siprus ontdek.
Vaalboskat | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. silvestris |
Subspesie: | F. s. lybica |
Trinomiale naam | |
Felis silvestris lybica Forster, 1770 |
Die vaalboskat is vaalbruin tot geel of grys met swart strepe op die stert. Sommige het ligte strepe om die lyf. Hul het korter hare as die Europese subspesie en is heelwat kleiner. Die lengte van die kop en lyf is 45 tot 75 cm (17,7 tot 29,5 duim), die stert 20 tot 38 cm (8 tot 15 duim) en hul massa 3 tot 6,5 kilogram (6,61 tot 14,3 pond).
Wiki Commons bevat media in verband met Felis silvestris lybica. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vaalboskat, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.