Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992

Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1992 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om 'n ja- of nee-stem uit te bring vir onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring.

Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992
Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die stemming het op 17 Maart 1992 plaasgevind en was tot wit stemgeregtiges beperk. Die uitkoms was 'n oorweldigende oorwinning vir die ja-stem.

Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992
Uitslag: Groen ten gunste; rooi is teen onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring
Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992
Resultate per streek
Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992
Stempel wat in ID-boeke aangebring is om aan te dui dat 'n persoon gestem het

Na afloop van die referendum is die beleid van afsonderlike ontwikkeling geskrap, wat universele stemreg aan alle kiesers binne die grense van Suid-Afrika verleen het. Dit het ook gelei tot die eerste volledig demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in April 1994.

Veldtog

Die Nasionale Party het die "ja"-stem bemark terwyl die Konserwatiewe Party dit teengestaan het. Die NP het die volgende slagspreuke op referendum-plakkate aangebring:

  • 'n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
  • Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
  • Ordentlike hervorming en redelikheid.
  • Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
  • Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
  • Sterk en doelgerigte leierskap.
  • 'n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
  • Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
  • Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
  • Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Resultate

Die volgende vraag is aan stemgeregtiges gestel:

Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992  Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?
Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992 

Nasionaal

Keuse Stemme %
Vir 1 924 186 68,73
Teen 875 619 31,27
Bedorwe/blanko stemme 5 142
Totaal 2 804 947 100
Geregistreer/stempersentasie 3 296 800 85,08

Per streek

In Kaapstad en Durban het 85% van die stemgeregtigdes "ja" gestem, teenoor die 57% in Pretoria. Slegs Pietersburg in die Noord-Transvaal het 'n oorwegende "nee"-stem uitgebring (57%).

Provinsie Area Vir Teen Totaal
ongeldige stemme
Stemme % Stemme %
Kaapprovinsie Beaufort-Wes 18 941 61,62 11 798 38,38 30 739
Kaapstad 355 527 84,88 63 325 15,12 418 852
Oos-Londen 66 675 78,28 18 498 21,72 85 173
George 40 075 65,39 21 211 34,61 61 286
Kimberley 33 504 54,48 27 993 45,52 61 497
Port Elizabeth 87 216 74,46 29 909 25,54 117 125
Natal Durban 204 371 85,03 35 975 14,97 240 346
Pietermaritzburg 66 500 75,98 21 023 24,02 87 523
Oranje-Vrystaat Bloemfontein 58 066 58,60 41 017 41,40 99 083
Kroonstad 54 531 51,54 51 279 48,46 105 810
Transvaal Germiston 164 025 65,38 86 844 34,62 250 869
Johannesburg 324 686 78,30 89 957 21,70 414 643
Pietersburg 37 612 43,02 49 820 56,98 87 432
Pretoria 287 720 57,37 213 825 42,63 501 545
Roodepoort 124 737 52,44 113 145 47,56 237 882

Verwysings

Tags:

Suid-Afrikaanse Referendum Van 1992 VeldtogSuid-Afrikaanse Referendum Van 1992 ResultateSuid-Afrikaanse Referendum Van 1992 VerwysingsSuid-Afrikaanse Referendum Van 199217 Maart1992ApartheidSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VakbondNadia ValvekensSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieHartSkoolKarretjiemenseReg tot ‘n gesonde omgewingSelfmoordD.J. OppermanEthiopiëEnkelvoudige sinEugenetikaInsekRudi ClaaseNatriumsulfietVreesStaatstoelaeGoogle TranslateReënspinnekopBruin huisslangSwangerskapDigvormElon MuskCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMadison IvyRoesMieliestronkRymAardeGeletterdheidLoodAfrikanernasionalismeProvinsies van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse WeermagKasteel die Goeie HoopDiepaartromboseKonjunktivitisVoedselkettingMandalaDie ontstaan van die dramaAnneli van RooyenLys van Afrikaanse rolprenteBloedvergiftigingOopbroninhoudHipoteseArmoedeverligtingRooipandaJaarSpysverteringstelselPablo PicassoVerkleinwoordGewone breukeKangaroeAdolf HitlerPerdGalileo GalileiWaterpokkiesPlae van EgipteWatersuiweringTuisbladOos-KaapSarel Jacob PretoriusMoedersdagGrondwet van Suid-AfrikaKrokodilGreen PornoBeroertePiesangEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAfrikaanse WikipediaJakkalsSpelerposisies in rugbyOranjerivierHulpwerkwoord🡆 More