Rudi Claase: Suid-Afrikaanse sanger

Rudi Claase (gebore 11 Januarie 1983 in Vereeniging, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.

Hy het twee keer die "Reik na die sterre"-kompetisie gewen en sy solo-album Thalita het goue status bereik. Claase het 'n paar maande in Amerika gewoon om ervaring in die musiekbedryf te kry voordat hy terug Suid-Afrika toe gekeer het, Hy het nog solo-albums opgeneem voor hy saam met Corlea Botha opgetree het as Die Lieflinge. Hy het "Tussen woorde", een van Juanita du Plessis se treffers, geskryf, asook die treffer van Andriëtte Norman, "Sewe oseane". In 2019 het hy 'n eretoekenning van die ATKV ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Rudi Claase
Gebore11 Januarie 1983 (1983-01-11) (41 jaar oud)
Vereeniging, Suid-Afrika
GenresAfrikaanse populêre musiek
Beroep(e)Sanger, musikant, liedjieskrywer
EtiketteUniversal Music Publishing, Jewel Music Publishing, Select Musiek/Sony Music Entertainment Africa
AssosiasiesCorlea Botha
Zita Pretorius
Charné Hugo
Juanita du Plessis
Andriëtte Norman
Stephen Stewart
Webwerfwww.rudiclaase.com

Die Lieflinge het opslae gemaak nadat hulle eerste duetalbum, Ons Lieflinge/Our Darlings, binne agt weke reeds goue status bereik het. Kort daarna het Corlea besluit om 'n sololoopbaan te volg, waarna Zita Pretorius as Rudi se nuwe "liefling" aangewys is. Na agt maande is dit aangekondig dat hulle paaie skei om hulle op hul sololoopbane te fokus. Charne Hugo is as die nuwe "liefling" opgeneem in 2014. Rudi en Charne het in 2018 die Ghoema-toekenning gewen vir hulle album Miljoene stemme vir die Beste Ligte Klassieke Album van die jaar.

Claase was in 2019 vereer met 'n ATKV se Afrikoon-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

In Februarie 2019, het die Nederlandse sangeres Belinda Kinnaer Claase na Nederland genooi om aan haar 20 jaar jubileumkonsert deel te neem. Haar vertaling van sy "Sewe oseane" het goudstatus in Nederland bereik en Claase het saam met name soos Ancora en Jan Keiser in 'n uitverkoopte vertoning opgetree.

Claase se nuutste solo album "liedjieskrywer" was in 2021 vrygestel en het die Afri-Indie-toekenning gewen vir beste album en beste solokunstenaar. Hy skryf nog steeds vir die land se grootste name in die bedryf.

Uitbeelding

Claase gaan skool by Laerskool Sonlandpark en matrikuleer aan Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark.

Persoonlike lewe

Claase is gay en trou op 8 Maart 2010 met sy bestuurder, musiekpromotor Stephen Stewart, in die Pretoriase landdroshof.

Claase en Stewart skei na 'n huwelik van bykans vier jaar. In 2013 oorleef Claase 'n selfmoordpoging nadat hy pille gedrink het en sy polse gesny het.

Hy trou in 2016 met Suzette Booysen in Mauritius.

Diskografie

  • 2007: Jambo
  • 2008: Thalita
  • 2009: Ons Lieflinge / Our Darlings, met Corlea Botha
  • 2010: Ons Lieflinge / Our Darlings Vol.2 - Drome, met Corlea Botha
  • 2011: Ons Lieflinge / Our Darlings - Die Engele Sing, met Zita Pretorius
  • 2012: Mans vir Jesus
  • 2012: Kom ek skryf jou 'n liedjie
  • 2014: Ons Lieflinge - Asemrowend, met Charne Hugo
  • 2017: Ons Lieflinge - Miljoene stemme, met Charne Hugo
  • 2021. Liedjieskrywer

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Rudi Claase UitbeeldingRudi Claase Persoonlike leweRudi Claase DiskografieRudi Claase VerwysingsRudi Claase Sien ookRudi Claase Eksterne skakelsRudi ClaaseAfrikaanseAfrikaanse Taal- en KultuurverenigingAfrikaanse musiekAmerikaAndriëtte NormanCorlea BothaJuanita du PlessisSuid-AfrikaVereeniging

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klimaatsverandering in AfrikaLys van Griekse mitologiese figureLarry PageAkuutMikro-ekonomieNazi-DuitslandSeksuele opwekkingMensHartversakingAborsieBek-en-klouseerEufemismeBeroerteHibernasieGeslagsgelykheidSoutsuurLys van landeKostuumsOutismeCalviniaVormKatSkoolBevolkingsafnameIntensiewe vormAfrikaansInentingKolonisasieMcDonald'sLewerLuiperdKasteroliePropagandaMuskeljaatkatWaarheid-en-versoeningskommissieWolfNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAgtergrond (narratief)ChloorHeks van HexrivierGoogle MapsWaterpokkies7de LaanKuberkrakerOorstromingNarsistiese persoonlikheidsteuringNG gemeente JansenvilleDiatomiese molekuulKweekhuiseffekSosiale ordeBelgiëDansTekstielKrugerwildtuinChemiese verbindingLys van Afrikaanse skrywersHannes van WykProstaatklierHerfsJeugdagWebwerfSokkerAardverwarming2001TaalfossielKolonoskopieVlag van Suid-AfrikaFabelSoortnaamSeekoeiHomoniemSelfieDuitsRassisme in AfrikaVryheid van spraakSwart mense🡆 More