Gebeure
- 8-23 Februarie – Die 16de Olimpiese Winterspele word in Albertville, Frankryk, aangebied.
- 22 Februarie–25 Maart – Die 5de Krieketwêreldbeker word in Australië en Nieu-Seeland aangebied en deur Pakistan gewen.
- 1 Maart – Bosnië en Herzegowina verklaar sy onafhanklikheid van Joego-Slawië.
- 17 Maart – Suid-Afrikaanse referendum van 1992 vind plaas.
- 25 Maart–1 April – Die 5de Paralimpiese Winterspele word in Tignes, Frankryk, aangebied.
- 17 April – Joego-Slawië erken die onafhanklikheid van Bosnië en Herzegowina.
- 27 April – Serwië en Montenegro stig die Bondsrepubliek Joego-Slawië.
- 13 Junie – Die Aardeberaad begin in Rio de Janeiro.
- 20 Junie – 'n Nuwe grondwet word van krag in Paraguay en daar kom 'n einde aan die militêre bewind van Alfredo Stroessner.
- 6 Julie – Zimbabwe word 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR).
- 23 Julie – Abchasië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Georgië.
- 25 Julie–9 Augustus – Die 25ste Olimpiese Somerspele word in Barcelona, Spanje, aangebied.
- 27 Augustus – Dieter Gerhardt, die oudbevelvoerder van die Simonstadse vlootbasis wat daaraan skuldig bevind is dat hy vir die Sowjetunie gespioeneer het, word na Switserland gedeporteer.
- 3–14 September – Die 9de Paralimpiese Somerspele word in Barcelona, Spanje, aangebied.
- 15–20 Oktober – Die 1ste Koning Fahd-beker word in Saoedi-Arabië aangebied en deur Argentinië gewen.
- 31 Oktober – Pous Johannes Paulus II herroep die veroordeling van Galileo Galilei.
- 21 Desember – Hongarye, Pole en die voormalige Tsjeggo-Slowakye stig die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms in Krakau, Pole.
- Suid-Afrika sluit weer as 'n volle lid by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aan.
Geboortes
- 14 Februarie – Freddie Highmore, Engelse akteur en skrywer.
- 2 April – Lizelle Lee, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 2 April – Baxolile Nodada, Suid-Afrikaanse politikus, skaduminister van Basiese Onderwys.
- 12 April – Chad le Clos, Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese gouemedaljewenner.
- 22 April – Rolene Strauss, 2014 se Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld.
- 22 April – Schalk Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse komediant.
- 10 Mei – Charice Pempengco (nou "Jake Zyrus"), Filippynse sanger en aktrise.
- 15 Julie – Wayde van Niekerk, Suid-Afrikaanse naelloper.
- 18 Julie – Ayabonga Khaka, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 27 Julie – Johan Goosen, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springboklosskakel.
- 20 Augustus – Demi Lovato, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en aktrise.
- 21 Augustus – Felipe Nasr, Brasiliaanse Formule Eenrenjaer.
- 16 September – Nick Jonas, Amerikaanse akteur.
- 28 September – Skye McCole Bartusiak, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 5 Oktober – Danie du Toit (verhoognaam "Reënwolf"), sanger en sakeman.
- 5 Oktober – Kevin Magnussen, Deense Formule Eenrenjaer.
- 17 Oktober – Jacob Artist, Amerikaanse akteur.
- 28 November – Mireia Lalaguna, Spaanse model en skoonheidskoningin (Mej. Wêreld 2015).
Sterftes
- 1 Januarie – Grace Hopper, Amerikaanse rekenaarpionier (* 1906).
- 13 Januarie – Yvonne Bryceland, Suid-Afrikaanse aktrise in Londen (* 1925).
- 23 Januarie – Freddie Bartholomew, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 23 Januarie – Ian Wolfe, Amerikaanse akteur (* 1896).
- 9 Maart – Menachem Begin, Israeliese premier (* 1913).
- 12 Maart – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1927).
- 29 Maart – Graaf John Spencer, vader van Prinses Diana (* 1924).
- 5 April – Molly Picon, Amerikaanse aktrise (* 1898).
- 6 April – Isaac Asimov, skrywer (* 1920).
- 16 April – Neville Brand, Amerikaanse akteur (* 1920).
- 19 April – Frankie Howerd, Engelse komediant en akteur (* 1917).
- 20 April – Benny Hill, Engelse komediant (* 1924).
- 23 April – Satyajit Ray, Indiese rolprentvervaardiger (* 1921).
- 27 April – Olivier Messiaen, Franse komponis (* 1908).
- 28 April – Francis Bacon, Ierse kunstenaar (* 1909).
- 6 Mei – Marlene Dietrich, aktrise (* 1901).
- 12 Mei – Robert Reed, akteur, The Brady Bunch (* 1932).
- 23 Mei – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931).
- 24 Mei – Hester Heese, Afrikaanse skrywer (* 1911).
- 14 Augustus – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1906).
- 29 Augustus – Félix Guattari, Franse psigiater (* 1930).
- 12 September – Anthony Perkins, Amerikaanse akteur (* 1932).
- 30 September (waarskynlik) – Miemie Louw-Theron, Afrikaanse skrywer (* 1898).
- 8 Oktober – Willy Brandt, Duitse regsgeleerde en politikus, 4de bondskansellier van Wes-Duitsland, Nobelpryswenner (* 1913)
- 7 November – Alexander Dubček, Slowaakse politikus (* 1921).
- 10 November – Chuck Connors, Amerikaanse akteur (* 1921).
- 20 November – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer (* 1918).
- 25 Desember – Helen Joseph, Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis (* 1905).