Standerton

Standerton is 'n dorp in Mpumalanga, aan die Vaalrivier, sowat 156 km suidoos van Johannesburg en 64 km suid van Bethal.

Standerton
Standerton se sakekern
Standerton se sakekern
Standerton is in Mpumalanga
Standerton
Standerton
Standerton Standerton se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 26°57′S 29°15′O / 26.950°S 29.250°O / -26.950; 29.250 29°15′O / 26.950°S 29.250°O / -26.950; 29.250
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitLekwa
Stigting1878
Oppervlak
 • Totaal36,21 km2 (13,98 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal43 966
 • Digtheid1 214/km2 (3 140/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense23.1%
 • Indiërs/Asiërs2.9%
 • Bruin mense6.8%
 • Swart mense66.6%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Zoeloe 48.3%
 • Afrikaans 28.0%
 • Sotho 8.5%
 • Engels 7.4%
 • Ander 7.8%
Poskode (strate)
2430
Poskode (posbusse)
2430
Skakelkode017
Standerton
Genl. Jan Smuts het in 1948 die kiesafdeling Standerton teen die Nasionale Party verloor. Dit was terselfdertyd die einde van die Verenigde Party se bewind wat in 1934 begin het.
Standerton
Die Hervormde kerk Standerton.

Geskiedenis

Dit is in 1878 op die plaas Grootverlangen aangelê en het in 1903 munisipale status verkry. Die dorp is genoem na kommandant Adriaan H. Stander (1817-1896), die oorspronklike eienaar van die plaas. Standerskop (1 640 m), 'n heuwel wes van die dorp, is ook na hom genoem. In die Eerste Vryheidsoorlog het 'n Britse garnisoen die dorp beleër. Drie maande lank het die Boeremagte, wat hulle op die heuwel ingegrawe het, op die Britse magte gevuur – sonder enige ernstige skade.

Distrik

Die distrik is 4 836 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen - beeste, perdetelery, wol, mielies, sonneblomsaad, grondboontjies, aartappels en suiwelprodukte.

Die Grootdraaidam is 10 km oos van Standerton en Eskom se Tutuka-kragstasie is net noord van die dorp.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Standerton GeskiedenisStanderton DistrikStanderton Sien ookStanderton VerwysingsStanderton BronneStandertonBethalJohannesburgMpumalangaVaalrivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SimboolVerkleinwoordAngolese BurgeroorlogLys van Afrika-landeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureRacheltjie de BeerKrapGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogTurkyeSoogdierOseaanPubliekLiefdeCleopatra VIIGlasSlag van BloedrivierBloemfonteinWinterDermpoliepSuurstofKewerMuishondDoelwitLetterlike en figuurlike taalgebruikDepressie (gemoedstoestand)SikloonHolocaustAborsie in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieNelson MandelaKoolhidraatDonkieGrondUniegebouTaalLys van Joodse feeste en herdenkingsAmateurradioMusiekSlag van Cuito CuanavaleTswanaProstaatkankerGrondwet van Suid-AfrikaSimmetrieKongo-krisisMobutu Sese SekoJan van RiebeeckSuiwelprodukSuurreënMetafoorMierTrappe van vergelykingBronsKolitisSinoniemKondensasieKolorektale kankerSeptimius AwardsGroot TrekKoperWet op NaturellengrondKlankArmoedeverligtingBrandbergInstagramBakterieNavorsingSpysverteringstelselTekstielMisdaadPersoon (taalkunde)PretoriaMandalaKopieregAkroniemNierversakingMieliestronkTrigeminale neuralgie🡆 More