Die Gereformeerde kerk Standerton is op 6 Mei 1905 gestig en die vierde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief.
Met 160 belydende en 34 dooplidmate einde 2015 was dit toe die derde grootste gemeente in dié Klassis. Vyf jaar vantevore was hier ook 160 belydende en 34 dooplidmate, maar in 1997 was dit onderskeidelik 239 en 138.
Gereformeerde Kerk Standerton | ||
Vorige naam | Roossenekal | |
Sluit in | Holmdene Platrand Roodebank Val | |
Klassis | Piet Retief | |
Huidige predikant(e) | Gideon Coetzee | |
In kombinasie met | Vrede | |
Belydende lidmate | 161 | |
Dooplidmate | 37 | |
Adres | Kroghstraat 2 Standerton | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 6 Mei 1905 | |
Afgestig van | Heidelberg | |
Eerste predikant | Derk Rumpff 1910–1913 |
Die Standertonse wyke van die Gereformeerde kerk Heidelberg het op 8 Oktober 1904 ’n eie kerkgebou op Standerton in gebruik geneem. Ds. Martinus Postma het die hoeksteen gelê en agt maande later is die Gereformeerde kerk Standerton gestig. Hierdie kerkgebou het ná 65 jaar soveel opknapping gekort dat die kerkraad besluit het om dit te sloop en ’n nuwe gebou dieselfde plek op te rig.
Die nuwe kerk is, soos die oue, op een van die hoogste punte op Standerton gebou sodat dit van ver af sigbaar is. Ds. W. Venter het die hoeksteen op 21 Februarie 1970 gelê. Tydens die ingebruikneming op 15 Mei 1971 het prof. S. du Toit die diens gelei en ds. C.N. van der Merwe is terselfdertyd as predikant van die gemeente bevestig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Standerton, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.