Gereformeerde Kerk Vrede

Die Gereformeerde kerk Vrede was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) op die Noord-Vrystaatse dorp Vrede.

Gereformeerde kerk Vrede
Gereformeerde Kerk Vrede
Sluit in  Vrede
Klassis  Piet Retief
Huidige predikant(e)  G.C. (Gideon) Coetzee (laaste)
In kombinasie met  Standerton
Belydende lidmate  28
Dooplidmate  5
Adres Bothastraat 62, Vrede
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1897
Afgestig van  Standerton
Eerste predikant  J.A.H. van der Vinne (1957–1960)
Datum ontbind  29 September 2019

Vrede was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Standerton, maar het in November 1956 afgestig. Aan die begin is dienste in die kerkgebou van die plaaslike Metodistegemeente gehou, maar kort voor lank het lidmate ’n boufonds begin en toestemming gekry om binne kerkverband te kollekteer. Die doeltreffende, en van binne sierlike, kerkgebou is in Oktober 1960 in gebruik geneem nadat die hoeksteen op 23 Mei 1959 gelê is sonder vermelding daarop deur wie.

Vrede se lidmaattal het met die jare verbasend bestendig gebly, hoewel die getal dooplidmate die afgelope amper ses dekades met die helfte afgeneem het. In die eeufeesjaar van die GKSA (1959) was hier 45 belydende en 24 dooplidmate, einde 2001 onderskeidelik 40 en 13, en einde 2014 41 en 12. Intussen was dit wel laat in die 1990's onderskeidelik amper 60 en 20. Die laaste syfers (in die Almanak vir 2020) was 28 en vyf.

Predikant

  1. Van der Vinne, Jacob Albert Hendrik 1957 – 1960 (leraar van Volksrust)
  2. Taljaard, Daniël Johannes, 1960 – 1963 (leraar van Volksrust)
  3. Klopper, Andries Hendrik, 1969 – 1975 (leraar van Volksrust)
  4. Roos, Gerhardus Jacobus van Staden, 1975 – 1992 (leraar van Volksrust)
  5. Minnie, Francois Gysbertus, 1991 (in kombinasie met Eendracht)
  6. Erasmus, Jacobus Johannes Jurgens, 1992 – 2001 (in kombinasie met Volksrust)
  7. Cilliers, Jacobus Hermanus, 2002 – 2007 (in kombinasie met Standerton)
  8. Coetzee, Gideon Christiaan, 2012 – 2020 (in kombinasie met Standerton)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNoord-VrystaatVrede, Vrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BevolkingTaalOogproblemeSosiale mediaSeksualiteitJodeMiddelmisbruikKaliumNasionale VrouedagMona LisaKaaps-Hollandse stylTatoeëermerkDaggaLys van myne in Suid-AfrikaMisdaadromanSelBloedsomloopstelselSonnestelselWaterFiela se kind (rolprent)LidwoordNamibiëOu Apostoliese KerkVlekvrye staalSkrywerLys van Afrikaanse televisiereekseDesimale breukeMierVakbondGrondTuisbladSwangerskapMadison IvyDikdermGenadedoodKarakteriseringSpringbokKolonoskopieVoegwoordErosietipesKankerHartversakingSekondêre sektor van die ekonomieLeah van NiekerkSpeelkaartGrondwet van Suid-AfrikaNiersteenViëtnamoorlogVingerseksDiepaartromboseSportInkomsteThe CranberriesApostoliese GeloofsbelydenisRymSkildklierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Angolese BurgeroorlogMiddeloorontstekingOrgasmeDiamantNapoleon BonaparteFinale OplossingGeslagDemokrasieLugbesoedelingKaapse VlakteVoorvoegselGemeenskapPriemgetalKrieketWaatlemoenBurgerregteAgtervoegselDwelmmiddel🡆 More