Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit

Die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika.

Suid-Afrika Stad Johannesburg
Kaart van Suid-Afrika wat Stad Johannesburg in Gauteng aandui
Provinsie Gauteng
Tipe Metropolitaanse Munisipaliteit
Munisipale kode JHB
Plaaslike munisipaliteite Geen
Hoofstad Johannesburg
Burgemeester Kabelo Gwamanda (Al Jama-ah) (ingehuldig op 05-05-2023)
Grootste tale Zoeloe, Engels, Suid-Sotho, Tswana
Oppervlakte 1 645 km²
Bevolking 4 434 827 (2011)

Streke

Die administrasie van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is aanvanklik in elf streke gedesentraliseer, bloot Streek 1 tot Streek 11 genoem, wat grootliks nie met die 11 voormalige apartheidsadministrasies verband hou nie. Die nuwe genommerde streke is daarna, in die somer van 2006, gekonsolideer na sewe streke genaamd Streek A tot Streek G. Die huidige streke is:

  • Streek A - Diepsloot, Midrand en Ivory Park (voorheen Streke 1 en 2)
  • Streek B - Northcliff en dele van Sandton en Rosebank (voorheen Streek 4 en dele van Streek 3)
  • Streek C - Roodepoort (voorheen, Streek 5)
  • Streek D - Soweto, Doornkop, Diepkloof en Meadowlands (voorheen Streke 6 en 10)
  • Streek E - Alexandra en dele van Sandton en Rosebank (voorheen Streek 7 en dele van Streek 3)
  • Streek F - Middestad en Johannesburg-Suid (voorheen Streke 8 en 9)
  • Streek G - Ennerdale, Oranjeplaas, Lenasia, Eldoradopark en Protea. (voorheen Streek 11)

Elke streek is operasioneel verantwoordelik vir die lewering van gesondheidsorg, behuising, sport en ontspanning, biblioteke, maatskaplike ontwikkeling, en ander plaaslike gemeenskapsgebaseerde dienste, en elke streek het 'n "People's Centre" waar enige stadsverwante transaksie hanteer kan word. Inwoners kan vinniger klagtes indien, diensprobleme rapporteer en raadsverwante sake doen.

Munisipale rekeningskuld

Volgens 'n verslag oor plaaslike regerings se inkomste en uitgawes wat in 2017 deur die nasionale tesourie gepubliseer is, is die Stad Johannesburg soos op die einde van die finansiële jaar van 2016/2017 R17,7 miljard in uitstaande munisipale rekeninge geskuld. Sowat R1 miljoen van hierdie bedrag word deur stadsraadslede geskuld.

Burgemeesters kom en gaan

Nadat dr. Mpho Phalatse vir 'n tweede keer op 26 Januarie 2023 in ’n mosie van wantroue as burgemeester uitgestem is, het dit aan die lig gekom dat Tapelo Amad ('n verteenwoordiger van die minderheidsparty Al Jama-ah) haar sal opgevolg, aangesien hy deur die ANC, die grootste party in die raad en sy koalisievennote ondersteun is. Die ANC het in 'n verklaring gesê Amad sal as 'n tussentydse burgemeester dien totdat die party 'n koalisie-ooreenkoms met die Economic Freedom Fighters, die koningmakers in die raad, gefinaliseer het.

Tydens 'n raadsvergadering die volgende dag is Amad, Phalatse en ActionSA se Funzi Ngobeni as burgemeesterskandidate benoem. Amad is met 138 stemme verkies, vergeleke met Phalatse se 81 stemme en Ngobeni se 46 stemme. Amad se dienstermyn was egter van korte duur. Hy bedank in April 2023 en Kabelo Gwamanda, ook van Al-Jama-ah, is verkies as sy opvolger.

Verwysings

Tags:

Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit StrekeStad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit Munisipale rekeningskuldStad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit Burgemeesters kom en gaanStad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit VerwysingsStad Johannesburg Metropolitaanse MunisipaliteitSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreedtegraadAfrikaPaasfeesMandalaBevolkingGemeenskapMieliestronkCurly HowardGedigSuid-Afrikaanse randJazzSonCeresIsraelSwaziAntieke EgipteSlawernyGloeilampMangelontstekingLionel PetersonEjakulasieDieregeluideTaalAtoomCristiano RonaldoKlimaatveranderingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaElon MuskFrankrykBolandse aardbewing van 1969Koos BekkerTelwoordJan-Willem BreureKrugerwildtuinShanzhaiWinterWaterbesoedelingHibernasieTropiese sikloonTydLyfstraf in skoleIdioomRooibloedselLettergreepSkaapStam (taalkunde)Onderhandelinge om apartheid te beëindigSelfmoordLys van Afrikaanse skrywersSokkerSeptimius AwardsDysselsdorpEierstokKinderregtePerdKersfeesElana AfrikaKriekHipoteseSonja HerholdtAvbobRassismeDriedimensioneelDundermSpinnekopMarie AntoinetteOranjerivierJosef StalinDagboekVarkgriepDrinkwatervoorsieningVulkanismeAfrikaanse WikipediaAarde🡆 More