Hoe om deur Wikipedia te soek
Daar behoort 'n klein teksveld aan die bokant van u skerm te wees, wat Deursoek Wikipedia gemerk is, net na Lees, Wysig en Wys geskiedenis. Tik eenvoudig waarvoor u soek in hierdie veld en druk die Enter-sleutel, of kliek op die vergrootglas-koppie.
Indien 'n bladsy reeds bestaan is die eerste paar letters dikwels voldoende om dit as opsie weergegee te sien. Tik byvoorbeeld net "Diab" in en die term "Diabetes" sal verskyn.
Dit is moontlik om aanhalingstekens te gebruik, maar moenie soek vir slegs woorde in aanhalingstekens nie. Probeer die soektog sonder aanhalingstekens eerste, en indien dit nie goed genoeg is nie, plaas soveel as moontlik woorde buite die aanhalingstekens of voeg meer terme by om die soektog te vernou.
Indien 'n bladsy reeds bestaan sal die normale soekfunksie daarheen voer. Dit is egter ook moontlik om alle bladsye waar die soekwoord aangetref word te vind, nie net die een wat dit as titel het nie. Links is onder "Gereedskap" 'n knoppie "Spesiale bladsye". Kliek daarop en rol effens neer na "Lyste van bladsye". Daar is 'n skakel "Soek" wat aan die uitgebreide soekfunksie toegang verskaf. 'n Ander manier om dit te doen is om die "Deursoek Wiki soek"-soekveld leeg te laat en op die vergrootglas te druk.
Soms kan die inligtings wat u soek teenwoordig wees maar onder 'n titel wat u nie verwag nie. Kategorieë is 'n goeie manier om hulle te vind. Gebruik gerus die normale soekfunksie om byvoorbeeld die Kategorie:Vygies te soek. Op hierdie kategorieblad sal u die bokklootjie vind wat u gesoek het.
'n Ander manier om te soek is om portale te gebruik. Daar is portale vir vakgebiede soos Portaal:Chemie of ander onderwerpe soos die Portaal:Suid-Afrika. Tik net "Portaal:" in die soekveld om te sien watter portale teenwoordig is.
Sien ook meta:Help:Searching vir meer gedetailleerde inligting oor hoe om doeltreffend te soek.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Soek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.