Duckduckgo

DuckDuckGo is ’n soekenjin op die Internet.

DuckDuckGo
Tipe webblad Soekenjin
Taal(e) Veeltalig, o.a. Afrikaans
Registrasie Geen
Eienaar DuckDuckGo, Inc.
Outeur Gabriel Weinberg
Opgerig 25 September 2008
Huidige status Aktief
URL www.duckduckgo.com

Een van hulle grootste trekpleisters is dat hulle meer privaatheidsbewus is en nie op gebruikers spioeneer nie. Die gebruiker se gedrag en profiel beïnvloed dus nie die resultate nie. As gevolg hiervan sal elke gebruiker presies dieselfde resultate vir dieselfde soektog kry.

Die soekenjin is deur Gabriel Weinberg, ’n nagraadse entrepreneur van MIT, gestig en befonds. Die maatskappy het 21 werknemers en hulle hoofkantoor is in Paoli, Pennsilvanië in die Verenigde State van Amerika geleë. Hulle naam is van die kinderspeletjie, “Duck, duck, goose”, afgelei.

DuckDuckGo het ’n innoverende manier om ander soekenjins te integreer. Dit word gedoen met die sogenaamde “bang syntax” (knalsintaks), wat beteken dat ’n mens ’n uitroepteken tesame met ’n sleutelwoord gebruik om soektogte met ander soekenjins uit te voer.

Afrikaanse Wikipedia

DuckDuckGo kan gebruik word om vir resultate in die Afrikaanse Wikipedia te soek. 'n Soektog met "!afwiki" as voorvoegsel sal resultate tot die Afrikaanse wiki beperk. M.a.w, as mens in duckduckgo.com vir "!afwiki gesegdes" soek, verskyn die Afrikaanse wiki se soekresultate daarvoor.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

InternetSoekenjin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeegolfPresident van Suid-AfrikaMangelontstekingAssonansieEkonomie van Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)KoorsblaarWoestynMonopoliePornografiese subgenresPerdebyeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)EreksieSkoenlapperFrederik Willem de KlerkGoogleJohannes MeintjesBloedsomloopstelselMenstruasieLys van Griekse mitologiese figureSokkerSelfkonsepDiamantOmtrek, oppervlakte en volumeDieregeluideVormSaartjie BaartmanRamsar-vleilande in Suid-AfrikaGeografie van Suid-AfrikaWieg van die MensdomSteenkoolWiskundeMantisJaco JacobsWeervoorspellingSinoniemMynbedryf van Suid-AfrikaLeah van NiekerkKlimaatAnale seksAfrikaanse WikipediaVoornaamwoordKasterolieJuraGawes van die Heilige GeesArabies-Israeliese konflikKindermishandelingPoesAluminiumEngelsLimfvatstelselHondNatuurbewaringBrandmondsindroomWet op NaturellengrondVloeistofEngelandMieliestronk1913Lys van Afrikaanse skrywersHamburgerOogproblemeApostoliese GeloofsbelydenisUnie van Suid-AfrikaLiewe HeksieMorfeemEnkelvoudige sinSeptimius AwardsVoël7de LaanHoenderPriemfaktorLionel PetersonWhatsApp🡆 More