Minki Van Der Westhuizen

Willemien “Minki” van der Westhuizen (gebore 26 Februarie 1984) is 'n Suid-Afrikaanse model en televisiepersoonlikheid.

Minki van der Westhuizen
Minki Van Der Westhuizen
Gebore
Willemien van der Westhuizen

26 Februarie 1984 (1984-02-26) (40 jaar oud)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepModel en televisiepersoonlikheid
Webwerfhttps://www.minkivanderwesthuizen.com/

Vroeë lewe

Van der Westhuizen is in Durbanville, Wes-Kaap, gebore en matrikuleer aan Hoërskool Stellenberg, naby Bellville.

Loopbaan

Modelwerk

Van der Westhuizen het op die ouderdom van 16 met modelwerk begin. In haar matriekjaar, 2002, is sy gekies deur 'n modehuis, Guess, om deel van 'n internasionale veldtog te wees. Van der Westhuizen word deur Max Models in Kaapstad verteenwoordig. In 2002, 2003, 2006 en 2007 verskyn sy in die swemdraguitgawe van die Suid-Afrikaanse tydskrif Sports Illustrated, asook op die voorblad van die tydskrif GQ.

Sy is deur die tydskrif, Maxim, as nommer 24 van 100 mooiste vroue in 2003 gelys en is as die sexy’ste vrou ter wêreld aangewys deur die lesers van die tydskrif FHM in 2004. In 2003 is sy ook gekies as die gewildste prikkelpop deur die Amerikaanse weermagtroepe wat diensplig in Irak gedoen het.

Televisie

Van der Westhuizen het in die spesiale uitsending van 2006 Sports Illustrated se swemdrag uitgawe verskyn op die M-Net kanaal. In 2007 was sy in 'n episode van Behind the Name, 'n dokumentêre reeks op E.tv wat in elke episode op 'n bekende persoon fokus. Van der Westhuize het haar eerste ontmoeting met televisieaanbieding gehad met die SABC2-reeks, Pasella in 2007. Kykers kon haar as persoon beter leer ken en haar toenemendheid en sprankelende persoonlikheid het die vloei van die onderhoudvoering vergemaklik.

Van der Westhuizen was ook vir twee seisoene die aanbieder van die realiteitsreeks op kykNET, Boer Soek 'n Vrou, wat ook gemaak het dat sy die Aanbieder van die Jaar-toekenning gewen het by die Huisgenoot Tempo-toekennings. Sedert 2019 het sy haar eie geselsprogram op die Via-kanaal op DStv, Minki.

Film

In 2007 vertolk van der Westhuizen die rol van Mimi in die film, Big Fellas.

Toekennings

  • Huisgenoot Tempo-toekenning: Aanbieder van die Jaar (2018)

Persoonlike lewe

Van der Westhuizen het vanaf 2004 tot 2006 met oud-Proteakrieketkaptein Graeme Smith uitgegaan. In 2007 is sy met 'n sakeman van Stellenbosch, Constant Visser, getroud, maar in November 2009 is hulle geskei.

In Junie 2012 is sy met die rugbyspeler Ernst Joubert getroud. Die egpaar het drie dogters: Katerien (gebore Julie 2013), Elise (gebore Augustus 2014) en Elsa (gebore Maart 2018).

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Minki Van Der Westhuizen Vroeë leweMinki Van Der Westhuizen LoopbaanMinki Van Der Westhuizen FilmMinki Van Der Westhuizen ToekenningsMinki Van Der Westhuizen Persoonlike leweMinki Van Der Westhuizen BronnelysMinki Van Der Westhuizen Eksterne skakelsMinki Van Der Westhuizen198426 FebruarieModel (persoon)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KewerMeningsverskil oor aardverwarmingTweede WêreldoorlogGianna MichaelsKookpuntLemoenVerenigde KoninkrykNiemetaalNedersettingSirkusTweede Nuwe JaarVrystaatKunstenaarNoordwesLys van Griekse mitologiese figureKlereEskomEkonomiese sektorE-posJansenvilleBek-en-klouseerAfrikanersLionel PetersonGregoriaanse kalenderHamburgerEngelsNagmaalOorkruipersSwawelSpinnekopVolstruisChloorKnopiespinnekopTrappe van vergelykingSuid-Afrikaanse GrensoorlogGeweldMassaKolorektale kankerAtlantis, Wes-KaapEkonomieTegnologieSkilpadRefentse MorakeGrondwet van Suid-AfrikaMusiekLabia (geslagsdele)MantisNederduitsch Hervormde KerkSpringbokSeptimius AwardsCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaBrasiliëBernice WestTradisionele Afrika-medisyneSelfieSonnestelselVigsSuikersiekteDundermChemiese reaksieVakbondGeprosesseerde kosLarry PageKatoenJohannesburg2001InternetJacques LootsImpakte van toerismeWeeluisCalviniaAustraliëJanie du PlessisElektroniese of digitale mediaVryheidsmanifesGroot Muur van China🡆 More