Die soetdoring (Vachellia karroo) is 'n immergroen doringboomspesie wat algemeen in suidelike Afrika aangetref word.
Soetdoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. karroo |
Binomiale naam | |
Vachellia karroo Hayne, (2008) | |
inheems eksoties | |
Sinonieme | |
Die spesie is inheems aan Angola, Botswana, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. Dit is ook lokaal gevestig in Noord-Afrika, Europa en Asië en is 'n indringerplant in Australië, waar dit as 'n onkruid beskou word. Van die trope af noordwaarts word dit deur Acacia seyal verplaas.
Die soetdoring kan tot 'n hoogte van vyftien meter groei. Die baskleur is rooibruin tot swart. Die boom het dubbelveervormige, saamgestelde blare.
Die goudgeel blomhofies van 10 tot 13 mm in deursnee word in die vroeë-somer voortgebring, en versprei 'n soet geur. Die vrugte van die boom is bruin, plat sekelvormige peule wat oopbreek om die sade te versprei. Die lang, reguit dorings kom in pare voor en is grys tot wit van kleur.
Met bewatering groei die boom vinnig, tot soveel as 'n meter per jaar. Dit is ryp- en droogtebestand en het 'n lewensverwagting van 30 tot 40 jaar.
In die verlede is die gom van die boom vir lekkergoed gebruik. Die inheemse mense van Suider-Afrika benut die boom reeds eeue lank as kruiemedisyne, en in moderne tye word die kruiemedisinale potensiaal daarvan, met gepaardgaande fitochemiese en biologiese aktiwiteit, weereens ondersoek. Literatuurbronne het aangedui dat dit tradisioneel vir behandeling van minstens 32 menslike en 5 dieresiektes benut is. Benewens aanwending as etnoveterinêre medisyne is die kruie toegedien vir verkoue, diarree, disenterie, griep, malaria, seksueel oordraagbare infeksies, wonde en koliek. Die teenwoordigheid van fitochemikalieë soos flavonoïede, fenole, fitosterole, proantosianidien, tannien en terpene, benewens verskeie minerale, is al in die blare en wortels bevestig. Belowende farmakologiese potensiaal sluit antibakteriese, antifungale, antigonokokkiese, antihelmintiese, antilisteriale, antimalariale, antimikobakteriese, antioksidant-, omgekeerde MIV-1 transkripsie-, anti-inflammatoriese en pynstillende aktiwiteite in. Die doeltreffendheid, toksisiteit en kliniese relevansie van 'n groot aantal isoleerbare verbindings moet egter nog bepaal word.
Die boom is 'n gasheerplant vir verskeie motte soos Braura truncatum, Chlorerythra rubriplaga en Brachylia terebroides
Wiki Commons bevat media in verband met Vachellia karroo. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Soetdoring, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.