Die Nasionale Bergkwaggapark is in 1937 gestig om die Kaapse bergkwagga van uitwissing te red, 'n lot wat die kwagga 'n aantal jare tevore getref het.
Die park is naby Cradock in die Oos-Kaapprovinsie geleë en huisves tans meer as 900 kwaggas. Ander groot soogdiere wat hier hervestig is, sluit in buffels, swartrenosters, rooihartbeeste, elande en gemsbokke. Die bontkwagga kom ook in die park voor – daar is dus twee kwaggaspesies wat deel van die park se dierebevolking uitmaak.
Nasionale Bergkwaggapark | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Naaste dorp | Cradock |
Koördinate: 32°11′0″S 25°37′0″O / 32.18333°S 25.61667°O 25°37′0″O / 32.18333°S 25.61667°O | |
Oppervlak | 28 412 ha |
Openingsjaar | 1937 |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | Nasionale Bergkwaggapark |
Oorspronklik was net vier swartrenosters in die park hervestig. Twee kalwers is intussen gebore en daar is tans (Junie 2009) ses renosters. Nog 'n suksesverhaal is die hervestiging van jagluiperds in die park. Die jagluiperds het so goed aangepas dat daar reeds 'n werpsel welpies gebore is. Onlangs het die sektorwildbewaarder gevra dat toeriste hul waarnemings van jagluiperds aanmeld in die kamp se register, aangesien die owerhede radiohalsbande aan die jagluiperds wil heg om hul bewegings in die park te volg.
'n Projek van die ereveldwagters van die park is om in die afsienbare toekoms rooibekrenostervoëls in die park te help hervestig. Die park is dus nie net die tuiste van soogdiere nie, maar ook 'n hele aantal interessante en skaars voëlspesies kan hier gesien word. Op die Rooiplaatplato kom die statige bloukraanvoël voor en in die vlakte word die sekretarisvoël en Ludwigse pou heel dikwels opgemerk.
Voorbeelde van bome wat in die park voorkom:
Akkommodasie in die park bestaan uit:
Dit gee 'n maksimum parktotaal van 222 oornagbesoekers, dus word die geriewe en wildkykroetes nie oorbenut nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nasionale Bergkwaggapark, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.