Sishen-Saldanha-Spoorlyn

Die Sishen-Saldanha-spoorlyn (soms ook na verwys as die OREX-lyn) is gebou as 'n swaarvragspoorlyn om ystererts van die myne op Sishen na Saldanhahawe te vervoer.

Die lengte van die spoorlyn is 861 km en is in 1976 voltooi. Die spoorlyn is geëlektrifiseer en word bedryf as 'n 50 kV-wisselstroomspoorlyn.

'n Kombinasie van ses Klas 15E (elektriese) en drie Klas 34-diesel-elektriese eenhede trek treine met tot 342 trokke met 'n kapasiteit van 100 ton elk. Die kapasiteit van die spoorlyn was na indiensstelling 18 miljoen ton per jaar. Na 'n opgraderingsprojek is die kapasiteit tans 41 miljoen ton per jaar. Daar is tans ook 'n omgewingsimpakstudie onderweg om die kapasiteit na 95 miljoen ton per jaar te vergroot.

Gedurende die week van 16 Julie 2009 is 'n rekord 919 000 ton ystererts tussen Sishen en Saldanha vervoer.

Roete van spoorlyn

Die spoorlyn begin op Sishen in die Noord-Kaap en loop dan suidoos. Dit kruis die N14 en hou steeds suidoos. Dit roete hou noord van die Langberg verby en kruis die N10 nasionale pad noord van Groblershoop. Suidoos van Groblershoop kruis dit die hoofspoorlyn vanaf De Aar na Namibië by 'n nedersetting met die naam Kleinbegin.

Hiervandaan hou die roete suidoos deur Boesmanland. Dit loop noord van Kenhardt en die Grootvloerpan verby, deur die Bokkeveldberge tot in Namakwaland. Die roete hou steeds suidoos, oor die N7 nasionale pad, tot in die Olifantsriviervallei. Dit gaan noord verby Vredendal, kruis die Olifantsrivier en swaai dan suid.

Nou hou die roete parallel met die Weskus, verby Lambertsbaai, Elandsbaai, Laaiplek, waar dit oor die Bergrivier loop, tot by Saldanhabaai. By Elandsbaai gaan die spoorlyn deur die Bobbejaansbergtonnel.

Panorama van 'n ertstrein op die Sishen-Saldanhaspoor.

Sien ook

Verwysings

Tags:

SaldanhaSishenWisselstroom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoutskoolLys van hoofstedeBelgiëSelfbeeldMinki van der WesthuizenSpringbokSondagProvinsies van Suid-AfrikaSonLys van medisinale kruieRussiesWikiquoteLongontstekingKubieke meterOrale seksMaskerWikimedia-stigtingGeorge BallotVoortplantingSeksisme54Abercrombie & FitchRobin GivensBoesmanZerilda SteynKoekie (rekenaarwetenskap)Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaWaterRKommunistiese Party van die SowjetunieBoer Soek 'n VrouPneumatikaBreedtegraadAnglisismeEngelsSuider-Afrikaanse ietermagogGemeenskapsorganisasieGordelroosLillie-broodboomTropicosSeksuele oriëntasieRusty SchwimmerOlifantMeervoudAfrikaanse TaalmonumentArendPoësieProtestantismeAnale kankerVersamelnaamSatellietOrgasmeWoud606FonetiekKunselementePerineumFiksieWhatsAppBTWMenslike skeletClaire CarletonNic de JagerErfenisKijifSaterdagBloemhofdamDoopFotosinteseKoorsblaarBesoedelingMarie PentzButch en femmeKontinentAlkoholOostenryk🡆 More