Lambertsbaai

Lambertsbaai is 'n kusdorpie aan die Atlantiese Oseaan in die Weskus, Suid-Afrika.

Dit is by die monding van die Jakkalsrivier geleë. Dit was vroeër slegs 'n visserdorpie maar groei tot 'n toerismetrekpleister. Van die belangrikste vangste is kreef, ansjovis, sardyne en snoek. Die dorp word met die buitewêreld verbind met die R364- en R365-streekroetes. Die twee roetes sluit hier by mekaar aan.

Lambertsbaai
Dorp
Witmalgasse op Voëleiland in Lambertsbaai.
Witmalgasse op Voëleiland in Lambertsbaai.
Lambertsbaai is in Wes-Kaap
Lambertsbaai
Lambertsbaai
Lambertsbaai Lambertsbaai se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°5′0″S 18°18′0″O / 32.08333°S 18.30000°O / -32.08333; 18.30000 18°18′0″O / 32.08333°S 18.30000°O / -32.08333; 18.30000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikWeskus
MunisipaliteitCederberg
Oppervlak
 • Totaal45,73 km2 (17,66 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal6 120
 • Digtheid130/km2 (300/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense15.9%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense74.5%
 • Swart mense9.0%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 90.9%
 • Xhosa 5.8%
 • Engels 1.7%
 • Ander 1.6%
Poskode (strate)
8130
Poskode (posbusse)
8130
Skakelkode027
Webwerfhttp://www.lambertsbay.co.za

Geskiedenis

Die dorpie is gestig op die plaas Otterdam wat deur Johann Stephan besit was. Die Kaapse regering het die grond gekoop en die eerste erwe is in 1913 verkoop. Die dorp is vernoem na sir Robert Lambert, die bevelvoerder van die Britse vlootbasis aan die Kaap in 1820, wat opmetings van die see in die gebied gedoen het.

Tweede Vryheidsoorlog

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het generaal Barry Hertzog Vanrhynsdorp op 19 Januarie 1901 beset. Hy stuur toe 'n paar burgers na Lambertsbaai om verkenningswerk te doen. Hulle kom die Britse oorlogskip HMS Sybille teë wat in die baai voor anker lê. Nadat hulle die skip met verkykers beloer het, skiet hulle met hul gewere op die skip. Die bemanning van die skip het geskrik, kom tot verhaal en skiet terug. Geen party het skade gely nie en die burgers keer terug na Vanrhynsdorp. Dit was die eerste seeslag van die Tweede Vryheidsoorlog.

Wapen

Lambertsbaai se munisipale raad het in 1982 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Gedeel van silwer en blou, 'n keper aan weerskante vergesel van 'n tandrat en in die skildvoet van 'n regopgeplaaste wulkskulp, alles van die een in die ander; op 'n golwende rooi skildhoof 'n swemmende Kaapse snoek van goud. Die helmteken was 'n Kaapse malgas en die wapenspreuk "Porta maris portus salutis".

Ekonomie

Lambertsbaai 
Lambertsbaai

'n Kreef-inmaakfabriek is in 1918 deur Axel Lindstrom geopen. Die fabriek word egter nie meer gebruik vir die inmaak van kreef nie. Die aartappelskyfiebedryf het een van die fabrieke oorgeneem en vervaardig nou aartappelskyfies vir groothandelaars, kleinhandelaars en restaurante.

Met die uitputting van visbronne aan die Weskus het die aktiwiteite by die Lambertsbaaihawe afgeneem. Die hawe word nou slegs gebruik word deur klein vissersbote, en 'n paar diamantbote wat gebruik word vir baggerwerk en duikbedrywighede in die diamantvelde na die noorde.

Voëleiland

Voëleiland is 'n gewilde besoekplek vir toeriste. Die eiland is 'n broeiplek van die witmalgas. Hier word ook jaarliks ghwano verwyder.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Lambertsbaai GeskiedenisLambertsbaai Tweede VryheidsoorlogLambertsbaai WapenLambertsbaai EkonomieLambertsbaai VoëleilandLambertsbaai Sien ookLambertsbaai VerwysingsLambertsbaai BronneLambertsbaaiAnsjovisAtlantiese OseaanJakkalsrivierR364 (Suid-Afrika)R365 (Suid-Afrika)SardynSnoekSuid-AfrikaWeskusWeskuskreef

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rassisme in AfrikaIsraelSeksismeMenslike skeletHoofkarakterMaanSias ReineckeEkonomie van Suid-AfrikaPseudowetenskapLimpopo (rivier)Carike KeuzenkampEskomProteïenGoogle TranslateGrootste rampe in Suid-AfrikaLys van Kaapstad se voorstedeKarnivoorMiljardSeksuele penetrasieWêreld- Ekonomiese ForumLionel MessiJuraBloedvergiftigingMoskouElektrisiteitAfrikanersKrokodilEkonomiese sektorInligtingTweede VryheidsoorlogVaalrivierLenteStaat PalestinaKindersiektesAkroniemKontinentVoornaamwoordKapitalismeTuisbladSteenkool in Suid-AfrikaSlimfoonTegnologieVormNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHannes van WykGroot GatArmoedeSeksueel oordraagbare infeksieBoelieryXHTMLSlangVoëlTienie HollowaySomerAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGloeilampVerkleinwoordJan-Willem BreureEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaKolonoskopieCleopatra VIIAfrikaansRosa ParksWaterbesparing in Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redeVerkoueHeelgetalSoweto-opstandKindermishandelingNatuurMuskietHematurieAardrykskundeRacheltjie de Beer🡆 More