Die Olifantsrivier is 'n rivier aan die Weskus van die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Olifantsrivier | |
---|---|
Die Olifantsrivier vloei deur die Sederberg 'n paar kilometer vanaf Citrusdal. | |
Stroomgebied | Wes-Kaap |
Hoofrivier | Olifantsrivier |
Oorsprong | Skurweberg |
Sytak -links | Modderrivier |
Sytak -regs | Doringrivier |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Lengte | 265 km (165 myl) |
Monding-hoogte | 0 |
Stroomgebiedopp. | 46 220 km² (17 846 myl²) |
Koördinate: 31°42′27″S 18°12′6″O / 31.70750°S 18.20167°O 18°12′6″O / 31.70750°S 18.20167°O |
Die rivier het sy naam gekry van adelbors Jan Danckaert wat beweer dat hy 'n trop van 300 olifante hier gesien wei het op sy eerste ontdekkingsreis in die gebied.
Die rivier ontspring tussen Ceres en Citrusdal, net wes van die Skurweberg en noord van die Witzenberg by 33°09′12″S 19°14′18″O / 33.1532°S 19.238296°O.
Die rivier vloei 265 km ver meestal noord en net oos van die Olifantsrivierberge, deel van die Groot-Winterhoekberge, verby. Dit vloei noord deur Citrusdal en bly hiervandaan net oos van die N7 nasionale pad en wes van die Sederberg, deur die Clanwilliamdam, verby Clanwilliam en hou steeds oos van die N7 tot amper by Klawer. Nét voor Klawer vloei die rivier onderdeur die N7, draai wes verby Vredendal, draai weer suid by Koekenaap en mond uit by 31°42′27″S 18°12′6″O / 31.70750°S 18.20167°O digby Papendorp in die Atlantiese Oseaan, sowat 250 km noord van Kaapstad.
Enkele sytakke van die Weskus se Olifantsrivier is die:
Die volgende visspesies is endemies aan die rivier:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Olifantsrivier, Namakwaland, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.