Clanwilliam-Saagvin

Die Clanwilliam-saagvin (Barbus serra) is 'n varswatervis wat voorkom in die Olifantsrivier.

In Engels staan dit bekend as die Clanwilliam sawfin.

Clanwilliam-saagvin
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. serra
Binomiale naam
Barbus serra
(Peters), 1864

Voorkoms

Die onvolwasse visse is silwerkleurig met onreëlmatige swart kolle op. Die volwasse visse is diep olyfgroen en ligroomkleurig aan die onderkant. Daar is twee pare baarde om die bek, die snoet is lank en gepunt en die bek is klein. By broeiende visse (beide geslagte) is daar klein tuberkels op die kop. Die dorsale vin is benerig en getand. Die vis word tot 500 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3.04 kg.

Verspreiding

Die vis is endemies aan die Olifantsrivier.

Habitat

Hulle verkies diep poele en die hoofstrome om in te leef. Die jonger vissies verkies om in kleiner sytakke te leef. Hulle broei in die somer; hulle kom in groot groepe saam in diep poele onder watervalle en stroomversnellings. Die vis vreet insekte en ander ongewerweldes asook alge en detritus vanaf die bodem.

Bewaringstatus

Die vis is bedreigd en die populasie het afgeneem sedert baars losgelaat is in die Olifantsrivier. Die bou van groot damme en toenemende beskadiging van hul habitat het ook 'n negatiewe impak op die populasie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Tags:

Clanwilliam-Saagvin VoorkomsClanwilliam-Saagvin VerspreidingClanwilliam-Saagvin HabitatClanwilliam-Saagvin BewaringstatusClanwilliam-Saagvin Sien ookClanwilliam-Saagvin BronClanwilliam-Saagvin Eksterne skakelClanwilliam-Saagvin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ramsar-vleilande in Suid-AfrikaSteve BikoMartin Luther King jr.Russiese inval in Oekraïne sedert 2022DubbelpuntWapen van Suid-AfrikaGeelsugAfleiding (taalkunde)VioolVrouDiatomiese molekuulLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeWerkloosheidMondMierRacheltjie de BeerNetbalOnderhandelinge om apartheid te beëindig7de Laan1990Ingrid JonkerWikiquoteAbsolute monargieKlavierVergelykings (taalkunde)HeupWeer (meteorologie)VolstruisGetalGriepSmaakDurbanMusieksimboleMiddeloorontstekingChemiese elementAfrikaSeptimius AwardsKatoenKolitisNicole StraussJode in Suid-AfrikaSublimasieWikimedia-stigtingItaliëToestand van materieNierGrondwetKnieWoordPrimêre sektor van die ekonomieLionel PetersonFiela se kind (rolprent)Klimaatsverandering in Suid-AfrikaMark (ekonomie)SuikersiekteDermpoliepMorfeemDomineeOnderwerp (taalkunde)KultuurGeslagsgelykheidSwart nasionalismeMisdaadromanVraag en aanbodMigrasie van diereLys van kinderspeletjiesNeurenberg-verhoreInsekMorfologie (taalkunde)KarooAntisemitismeBloeddrukHipoteseHartversakingTropiese sikloonWoestyn🡆 More