Boesmanland

Die Boesmanland is 'n streek in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.

Die streek strek vanaf Calvinia in die suide tot by die Oranjerivier in die noorde en ooste, Namakwaland in die weste en die Sakrivier en die Hartbeesrivier in die ooste.

Boesmanland is in Noord-Kaap
Boesmanland
Boesmanland
Ligging van Boesmanland in die Noord-Kaap, Suid-Afrika.
Boesmanland
'n Tipiese Boesmanlandse landskap

Die dorpe Brandvlei, Pofadder en Aggeneys, asook gehuggies soos Namies en Bosluispan, lê in Boesmanland. Die landskap bestaan uit uitgebreide vlaktes wat deur inselberge, soos Gamsberg, onderbreek word. Die naam van die streek is van sy eertydse inwoners, die Boesmans (San-bevolkingsgroep), wat steeds daar aangetref word, afgelei.

Die Sishen-Saldanha-spoorlyn loop deur die Boesmanland. Vaalputs, waar kernafval gestoor word, is tussen Boesmanland en Namakwaland geleë.

Klimaat

Boesmanland is 'n dor en droë gebied grensend aan Namakwaland. Dit is waarskynlik die mees onherbergsame streek in Suid-Afrika. Die grond is grotendeels onvrugbaar en die grondwater het 'n hoë soutgehalte. Die flora en fauna, hoewel skaars, is van groot belang. Hoewel die veld te dor is om te bloei (soos aan die weskus van Namakwaland), selfs nie wanneer dit in die lente reën nie, is plantjies wat opkom ongewoon en dikwels van asemrowende skoonheid.

Sien ook

Verwysings

Tags:

CalviniaHartbeesrivierNamakwalandNoord-KaapOranjerivierSakrivierSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InligtingstegnologieGezina, PretoriaWinterVerkragtingTrappe van vergelykingSaadBruto binnelandse produkDiskriminasie op grond van velkleurLuiperdWetenskaplike klassifikasieEwenaarVoortplantingTshwane-Universiteit vir TegnologieVoortrekkermonumentBySuid-Afrikaanse randKommaKlinkerHidroulikaNuwe TestamentKommunismeLeenwoordVryemarkekonomieLys van munisipaliteite in Suid-AfrikaGlukoseMuscatWolfAustraliëKwitansieSeksHorlosieHeidelberg, GautengVarkgriepMynbouPaddaAfrikaWalvisjag in Suid-AfrikaSally EsterhuizenPornografiese subgenresNasionale lied van Suid-AfrikaJacob RothschildStikstofsiklusGeweldRivierPadtekens in Suid-AfrikaKrieketLAfrikaanse taalleerNAVOMenseregtedagWikipediaBergskilpadNoot vir NootOnse VaderBoomSeeAanpassing (biologies)VigsHidroëlektrisiteitBotswanaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Koninkryk (biologie)HondeklipbaaiMasturbasieMetafoorSuid-Afrikaanse pondGeskiedenis van AfrikaansNieu-SeelandArendTuisbladDoelwitVraag en aanbodGewone breukeTegnologieAalwyn🡆 More