Rietbron is 'n klein dorpie in die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit, Oos-Kaapprovinsie, 64 km noordwes van Willowmore en 85 km suidoos van Beaufort-Wes.
Die R306-streeksroete verbind Rietbron met dié twee dorpe.
Rietbron | |
---|---|
NG kerk Rietbron | |
Koördinate: 32°53′56″S 23°8′56″O / 32.89889°S 23.14889°O 23°8′56″O / 32.89889°S 23.14889°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,29 km2 (7,06 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 1 184 |
• Digtheid | 65/km2 (170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 87.6% |
• Swart mense | 7.8% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.3% |
• Engels | 1.6% |
• Ander | 2.1% |
Poskode (strate) | 6450 |
Poskode (posbusse) | 6450 |
Skakelkode | 044 |
Die dorpie het sy ontstaan te danke aan die gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in 1913 deels van die NG gemeente Beaufort-Wes maar hoofsaaklik van Willowmore se gemeente afgestig is. Dit is 'n boerderysentrum vir 'n streek waarin daar hoofsaaklik met angoras geboer word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rietbron, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.