Erns Grundling: Afrikaanse joernalis en digter

Erns Grundling is ’n Afrikaanse joernalis en digter.

Lewe en werk

Erns Grundling is op 12 November 1979 op Uitenhage gebore en het in 1997 aan die Hoërskool Brandwag gematrikuleer. Hy studeer verder aan die Universiteit van Port Elizabeth waar hy ’n B.Phil.-graad verwerf en die stigter en voorsitter is van Kapi'taal, die Afrikaanse studentevereniging. Hy behaal ook ’n B.Phil. Honneurs-graad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Daarna is hy kunsredakteur by Die Burger in Kaapstad en inhoudsbestuurder by die aanlyntydskrif LitNet, terwyl hy as vryskut vir verskeie koerante en tydskrifte werk. Hierna word hy artikelredakteur by Insig en dan ’n senior joernalis by Huisgenoot, waarna hy in 2008 by die reistydskrif Weg aansluit as senior joernalis. Saam met Toast Coetzer is hy mederedakteur van die tydskrif Ons Klyntji. Vir sy artikels in Insig word hy in 2006 met ’n Mondi-toekenning (vir “Kent gij dat volk?” oor ’n regse jeug oorlewingskamp georganiseer deur die Volksbrandweg in die Waterberg) en in 2007 met ’n Pica-toekenning (vir “Matjiesfontein se droomdraers”) bekroon as artikelskrywer van die jaar.

Hy wen in 2009 ’n ATKV-mediaveertjie vir ’n artikel oor Leonard Cohen wat in By verskyn het. In 2010 verower hy ’n ATKV-mediaveertjie vir in-diepte artikels/ondersoekende joernalistiek vir sy artikel “Rietbron beur boontoe”, asook ’n ATKV-mediaveertjie vir Beste leefstyl-storie vir “Dis ’n lekker ou skip”, wat beide in Weg verskyn het. Hy word in 2013 weer met ’n ATKV-mediaveertjie bekroon vir beste leefstylstorie vir ’n artikel in By. Hy skryf in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Afrikaanse Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Saam met Danie Marais, Clive E. Smith en Toast Coetzer is hy ’n aanbieder van The Unhappy Hour, ’n musiekprogram Sondagaande op Bush Radio 89. Hy is ook ’n talentvolle musikant en saam met sy rockorkes Saamrou wen hy in 2002 die Rooi Rose se Jol&Jam-sangkompetisie in die Neelsie op Stellenbosch. By geleentheid lees hy van sy gedigte voor by Versindaba.

Skryfwerk

Hy publiseer sy gedigte in onder meer die tydskrif Karapaks en van sy gedigte word opgeneem in “Nuwe stemme 3”, “Groot verseboek” en “As die son kom oogknip”. Hy lewer ook ’n bydrae tot “Pomp” en die versamelbundel “As almal ver is”, waarin Suid-Afrikaners uit die vreemde huis toe skryf. Hierin skryf hy oor sy ervaring met die uitklim van die berg Kilimanjaro. Sy kortverhaal “Die krieketkolf” word opgeneem in die versamelbundel “Sweef en ander verhale”, “Ek en my hond op ’n Maandagoggend” in “Blou Maandag” en sy essay “Hallelujah, meester Cohen... - Die wysheid van ’n hofnar” in “By se bedkassieboek”. Saam met Thomas Mollett en Etienne van Heerden stel hy die boek “Die omstrede God” saam uit bydraes tot die LitNet debat deur nie-gelowiges, ateïste, agnostici en gelowiges.

Publikasies 

Jaar Publikasies
Samesteller
2004 Die omstrede God (saam met Thomas Mollett en Etienne van Heerden)

Bronnelys

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem “ATKV ver(v)eer Beeld-man vir rubriek” “Beeld” 25 April 2009

Internet

Resensies

Tags:

Erns Grundling Lewe en werkErns Grundling SkryfwerkErns Grundling Publikasies Erns Grundling BronnelysErns GrundlingAfrikaansDigterJoernalis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaselsBTWKoos BekkerMaanPoesGeografie van Suid-AfrikaWikisourceGordelroosRugbywêreldbeker 1991Waldimar PelserLimfvatstelselBloemfonteinSamestellende afleidingTaalGewone drolpeerNierVergelykings (taalkunde)Wiki CommonsBoet TroskieVolumeLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierWitbloedselKopieregHekseryPiet ByleveldHannes van WykSirkelBywoordVermaakOu Apostoliese KerkPersentasiePoësieGeskiedenis van AfrikaansAkroniemLiturgiese jaarKoppeltekenKinkhoesWaarheid-en-versoeningskommissieArmand AucampMiddelmisbruikJan van RiebeeckAnale seksJada FireBaardskeerder-spinnekopErnst Otto FischerSixtynse kapelBybelvertalingSuiwelprodukWashington, D.C.Desiré GardnerJodeDundermKnopiespinnekopVigsWhitey BassonAsynSiberiëBateWikimedia-stigtingRepubliek ArtsachSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Letterlike en figuurlike taalgebruikKunsmatige intelligensieLettergreepDagroofvoëlsPampoentjiesKrokus Stadsaal-aanvalEVoeding🡆 More