Outonome Gemeenskap Van Die Baskeland

Die Outonome Gemeenskap van die Baskeland (Baskies Euskadi, Spaans País Vasco) is sedert 1978 'n outonome gemeenskap met die status van historiese streek binne Spanje.

Die hoofstad is Vitoria-Gasteiz (Vitoria is die Spaanse naam, Gasteiz die Baskiese naam).

Comunidad Autónoma del País Vasco
Euskal Autonomia Erkidegoa
Outonome Gemeenskap Van Die Baskeland Outonome Gemeenskap Van Die Baskeland
Vlag Wapen
Volkslied: Eusko Abendaren Ereserkia
Outonome Gemeenskap Van Die Baskeland
Hoofstad Vitoria-Gasteiz
Amptelike Tale Spaans en Baskies
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Spanje
Rang 14de
 7 234 km²
 1,4%
Bevolking
 – Totaal (2005)
 – % van Spanje
 – Digtheid
Rang 7de
 2 124 846
 4,9%
 293,73/km²
Inwonersnaam
 – Afrikaans
 – Spaans
 – Baskies

 Bask
 vasco/a
 euskotar
Statuut van
Outonomiteit
25 Oktober 1979
Parlementêre
verteenwoordiging

 – Kongressetels
 – Senaatsetels


 19
 15
President Iñigo Urkullu Rentería (PNV-EAJ)
ISO 3166-2 PV
Eusko Jaurlaritza/Gobierno Vasco
Outonome Gemeenskap Van Die Baskeland
Kaart van die Outonome Gemeenskap van die Baskeland

Die Outonome Gemeenskap van die Baskeland is een van drie administratiewe gebiede van die historiese en kulturele gebied, die Baskeland. Die ander twee gebiede wat deel uit maak van die gebied is die Outonome Gemeenskap van die Navarra, ook in Spanje en die westelike gedeelte van die Franse département Pyrénées-Atlantiques. Die gemeenskap bestaan uit die volgende provinsies:

  • Álava (Spaans Álava, Baskies Araba), hoofstad Vitoria-Gasteiz (Spaans Vitoria, Baskies Gasteiz)
  • Biskaje (Spaans Vizcaya, Baskies Bizkaia), hoofstad Bilbao (Baskies Bilbo)
  • Gipuzkoa (Spaans Guipúzcoa, Baskies Gipuzkoa), hoofstad Donostia (Spaans San Sebastián)

Voor die aanneming van die Spaanse Grondwet van 1978 en die grondwet se stelsel van outonome gemeenskappe het die drie provinsies bekend gestaan as die Baskiese provinsies (Spaans: Provincias Vascongadas. Die politiese struktuur van die outonome gemeenskappe word gedefinieer in die Gernika Statuut, wat deur 'n referendum op 25 Oktober 1979 goedgekeur is. In 2003 het die Baskiese Nasionale Party voorgestel dat die statuut volgens die Ibarretxe Plan aangepas word. Die projek, wat deur die Baskiese kamer goedgekeur is, is in die Spaanse Cortes verwerp.

Eksterne skakels

Tags:

1978BaskiesSpaansSpanjeVitoria-Gasteiz

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RymWatersuiweringArabiesSpecial Air ServiceMikro-ekonomieSekondêre sektor van die ekonomieKlein vyf diereRegJeuksiekteAnusRooibokSwamBloemfonteinAspoestertjieKasterolieNag van die lang messeKnieAs jy singAnale seksRenosterGesondheidSkooluniformLewerErosietipesVrouAbstraksie (rekenaarwetenskap)SprokieHartversakingHomofoonDistillasieWiki CommonsEkostelselAustraliëStadFransKunsNaaldekokerMetafoorMusiekCarike KeuzenkampKommunikasieMateriaalWoestynVolksmoordNarsistiese persoonlikheidsteuringWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBlourokkeKweekhuisgasSonKlereAalwynSonnestelselAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSlawerny in Suid-AfrikaJan BlohmXHTMLSkildklierVrymesselaryMosesHondsdolheidSatellietKontinentHeupVoedingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKolitisMuishondMaanMarkus JoosteAfvalbestuurHutsmerkMangelontstekingInflasieSeksuele stimulasieLiewe Heksie🡆 More