Hutsmerk

Die hutsmerk is 'n tipe metadata-merker wat op sosiale netwerke en mikroblogdienste gebruik word wat nie noodwendig 'n kategorie-stelsel het nie.

Die hutsmerk (of hutsmerker)[1] is 'n tipe metadata-merker wat op sosiale netwerke en mikroblogdienste gebruik word wat nie noodwendig 'n kategorie-stelsel het nie. Dit maak dit dan moontlik vir gebruikers om inhoud op te spoor en op so 'n wyse die inhoud te kategoriseer. Gebruikers skep hutsmerke deur 'n hekkie-karakter (die syferaanwyser) vooraan 'n woord te plaas. Deur 'n spesifieke hutsmerk op te soek sal alle boodskappe of inhoud wat die hutsmerk bevat opgespoor word. 'n Hutsmerk word gevolglik in 'n argief bymekaargemaak, in 'n enkele stroom omvattende die spesifieke hutsmerk. Op Instagram maak die hutsmerk #bluesky dit vir gebruikers moontlik om al die foto's wat met die spesifieke hutsmerk gemerk is, op te spoor.

'n Hutsmerk, soos dit op sosiale media gebruik word.

As gevolg van die gewildheid van die hutsmerk is die Engelse woord hashtag in Junie 2014 in die Oxford Engelse Woordeboek bygevoeg. Die term hutsmerk kan ook verwys na die syferaanwyser wanneer dit in konteks van 'n hutsmerk gebruik word.

Sien ook

Verwysings

Eksterne bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hutsmerk, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.

In other languages:

/** SHOW / HIDE SECTION**/function mfTempOpenSection(getID) {var x = document.getElementById("mf-section-"+getID); if (x.style.display === "none") { x.style.display = ""; } else { x.style.display = "none"; }}