Slawerny was algemeen in Suid-Afrika tot en met die afskaffing daarvan in 1834.
In 1652 vestig Jan van Riebeeck 'n verversingstasie aan die suidpunt van Afrika by, wat nou bekend staan as Kaapstad, en vra slawe aan vanaf sy Nederlandse base. Die eerste slaaf, Abraham van Batavië, kom in 1653 in die Kaap aan. Batavië was die naam van die hedendaagse Djakarta gedurende die Nederlandse Ryk. Kort na Abraham se aankoms is 'n seereis vanaf Kaapstad na Mauritius en Madagaskar onderneem om slawe vir die verversingspos daar te gaan haal.
In April 1657 was daar 10 slawe uit 'n totale bevolking van 144 mense aan die Kaap. Die slawetal het in die daaropvolgende jaar aansienlik vermeerder toe die Nederlanders 'n Portugese slaweskip met 500 Angolese slawe aan boord gekaap en in Kaapstad gaan aflaai het. Twee maande later het daar nog 228 slawe uit Guinee aangekom.
In 1795 neem die Britte die Kaap oor en aanvaar in 1807 die wet op slawehandel. Dit is in 1808 afgedwing met 'n verbod op buitelandse slawehandel. Slawehandel is net binne die kolonie toegelaat.
Die eerste groot golf van Britse setlaars, die 1820-Setlaars, was nie toegelaat om slawe te besit nie.
In 1833 is die wet op die afskaffing van slawerny by wyse van 'n koninklike bekragtiging goedgekeur. Dit het die weg gebaan vir die afskaffing van slawerny in die Britse Ryk en sy kolonies. Op 1 Augustus 1834 is alle slawe in die Britse Ryk vrygelaat, maar hulle is in die diens van hul voormalige eienaars geplaas in 'n soort van vakleerlingskap wat in twee fases ingestel is. Die eerste fase van vakleerlingskap het op 1 Augustus 1838 tot 'n einde gekom, en die finale sou op 1 Augustus 1844, ses jaar later, in werking tree.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Slawerny in Suid-Afrika, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.