Die Oka (Russies: Ока) is ’n rivier in die Europese deel van Rusland en die belangrikste regtersytak van die Wolga.
Dit is 1 500 km lank, waarvan 1 200 km (van Serpoechof af) bevaarbaar is. Die rivier vloei onder andere deur die oblaste Orjol, Toela, Moskou, Rjazan, Wladimir en Nizjni Nowgorod. Dit mond by die stad Nizjni Nowgorod in die Wolga uit.
Ока | |
---|---|
Monding van die Oka in die Wolga-rivier by Nizjni Nowgorod. | |
Die stroomgebied van die Oka-rivier. | |
Oorsprong | naby Glasunowka (Rusland) |
Monding | naby Nizjni Nowgorod in die Wolga |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 500 km (932 myl) |
Oorspronghoogte | 150 m (492 voet) |
Mondinghoogte | 78 m (256 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 300 m³/s (46 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 245 000 km² (95 000 myl²) |
Kaart van die Oka-bekken in Europa. |
In die winter is die Oka vyf maande lank gevries. Tot ’n paar jaar gelede het motors oor die ys na die ander kant van die rivier gery, maar weens minder koue winters is dit nie meer moontlik nie omdat die ys nie meer so sterk is nie.
Talle historiese en kulturele plekke kom op die oewers van die Oka voor, onder andere die Middeleeuse kloosters van Moerom, die moskees en minarette van Kasimof, die kremlins van Kolomna en Serpoechof en die ruïnes van die ou Rjazan.
Die bekendste sytak van die Oka is die Moskwa: Die Oka maak dan ook deel uit van die historiese verbintenis van Moskou met die Wolga. Ander sytakke sluit in die Oegra, Protwa, Nara, Pra, Osjotr, Pronja, Moksja en Kljazma.
Wiki Commons bevat media in verband met Oka-rivier. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Oka (rivier), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.