Nirwana: Boeddhistiese begrip

Nirwana (Sanskrit: निर्वाण) of Nibbana (Pali:निब्बान) is ’n belangrike begrip in Boeddhisme en verwys na die hoogste vlak wat ’n mens kan bereik en waardeur heiligheid behaal kan word.

Die letterlike betekenis is uitgedoof, onbeweeglik; eersgenoemde verwys na die einde van begeerte, afkeer en verwarring, wat die hoofdoel van Boeddhisme is. Benewens Boeddhisme ken ander Indiese gelowe ook ’n nirwana, dikwels met ’n verskillende betekenis.

Nirwana
Vertalings
Sanskrit निर्वाण (nirvāṇa)
Pali निब्बान (nibbāna)
Bengaals নির্বাণ
Singalees නිවන (Nivana)
Tibettaans མྱ་ངན་ལས་འདས་པ། (mya ngan las 'das pa)
Thai นิพพาน (nibbana)
Viëtnamees Niết bàn
Khmer និពាន្វ (nik pean)
Tradisionele Sjinees 涅槃
Pinyin nièpán
Mongools γasalang-aca nögcigsen
Japannees 涅槃 (nehan)
Koreaans 열반 (yeolban)
Afrikaans Nirwana

Nibbana in die Theravada

In die Theravada verwys die woord "Nibbana" na die verligting wat die Boeddha self bereik het en waarin hy sy studente onderrig. Iemand wat die Nibbana behaal het, kan nie meer die geestelike oorsake van lyding (verlangens en afkeer) ervaar nie omdat daar vir altyd ’n einde daaraan gemaak is.

Die "uitdowing" van verlangens, haat, onkunde en verwarring is volgens die leer van die verligte Boeddha ’n logiese resultaat van die ontwikkeling van die Agtvoudige Pad tot op die hoogste vlak. Iemand wat Nibbana behaal het, kan ook die Vier Edele Waarhede in al hul aspekte volledig begryp en toepas.

Nibbana en verligting

Om "uitgedoof te wees" is in die Theravada een van die kenmerke van verligting (Pali: bodhi). Iemand wat werklik verlig is, weet wat die nibbana is en ervaar dit ook. Dit is die algehele bevryding van die samsara, waarin lyding en geboorte, siekte en dood ervaar word.

Iemand wat nirwana behaal het, word ’n boeddha genoem as hy dit self behaal het, sonder die hulp van ’n leraar. ’n Sotapanna (die laagste graad van heiligheid) het die dhamma gesien en het ’n voorsmaak van die Nibbana gehad. Hy is op pad na die Nibbana, maar het dit nog nie bereik nie. ’n Arahant (iemand wat die hoogste graad van heiligheid besit) het Nibbana (en verligting) bereik as ’n dissipel van ’n boeddha.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nirwana Nibbana in die TheravadaNirwana VerwysingsNirwana Eksterne skakelsNirwanaBoeddhismeIndiese gelowePaliSanskrit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Meningsverskil oor aardverwarmingMikro-ekonomieVaalrivierElektrisiteitKewerMonopolyHoofpynWerkwoordVulkanismeEugenetikaKoorsSelfstandige naamwoordAtlantiese OseaanLys van Griekse mitologiese figureProvinsies van Suid-AfrikaEnkelvoudige sinGevolge van aardverwarming op oseaneViëtnamDierKrampBreedtegraadVlieënde HollanderRobbeneilandHartSuid-AfrikaTweede VryheidsoorlogOutismeIslamAntoniemWetenskaplike klassifikasieBruin huisslangSwart menseKweekhuisgasNasionalismeToekoms van die AardeMiltBeaufortskaalPenisDokterPornografiese subgenresMaagGedigGoudFranse RewolusieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSeksualiteitSharpeville-slagtingOnbemande vliegtuigGeskiedenis van AfrikaansMoskouErosietipesGeelslangVerkleurmannetjieKletsrymVleilandPersoonlikheidKunselementeVaginaKappie (skryfteken)NasiebouJaco JacobsMahatma GandhiPankreasWiskundige terminologieGroepsgebiedewetKontinentMateriaalPampoentjiesEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaNoord-KaapHokkieMars🡆 More