Pratityasamutpada, gewoonlik vertaal as afhanklike ontstaan, is die idee dat alle dharmas (dinge) ontstaan afhanklik van ander dharmas.
As dít bestaan, bestaan dát; as dít ophou bestaan, hou dát op bestaan. Dit is ’n pragmatiese lering wat toegepas word op dukkha en die beëindiging van dukkha.
Pratityasamutpada | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | प्रतीत्यसमुत्पाद (pratītyasamutpāda) | |
Pali | paṭiccasamuppāda | |
Bengaals | প্রতীত্যসমুৎপাদ (prôtityôsômutpadô) | |
Singalees | පටිච්චසමුප්පාද | |
Tibettaans | རྟེན་ཅིང་འབྲེ ལ་བར་འབྱུང་བ་ (rten cing 'brel bar 'byung ba | |
Tradisionele Sjinees | 緣起 | |
Pinyin | yuánqǐ | |
Japannees | 縁起 (engi) |
Die term "pratityasamutpada" dui ook op die Twaalf Nidanas, die 12 skakels van afhanklike ontstaan, wat die ketting van gebeure beskryf wat tot hergeboorte lei asook die siklus van geboorte en die dood. Deur die ketting om te keer, kan bevryding, of verlossing van hergeboorte, behaal word.
Daar is ’n verband tussen die 12 kenmerke van die siklus, en elk gee aanleiding tot die volgende een:
Mense ly deur die hele siklus van geboorte en die dood totdat hulle hulself bevry van dié lyding (dukkha) deur nirwana te behaal. Dan lei die afwesigheid van die eerste nidana – onkunde – tot die afwesigheid van die ander.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Afhanklike ontstaan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.