Indiese Gelowe: Gelowe wat op die Indiese subkontinent ontstaan het

Indiese gelowe, ook Dharmiese gelowe genoem, is die godsdienste wat op die Indiese subkontinent ontstaan het, naamlik Hindoeïsme, Djainisme, Boeddhisme en Sikhisme.

Dit word ook as Oosterse gelowe geklassifiseer. Hoewel Indiese gelowe met mekaar verband hou vanweë die geskiedenis van Indië, omvat dit ’n groot reeks godsdienstige gemeenskappe en is dit nie beperk tot die Indiese subkontinent nie.

Indiese Gelowe: Geskiedenis, Verwysings, Bronne
’n Standbeeld van die Boeddha.
Indiese Gelowe: Geskiedenis, Verwysings, Bronne
Die Djainisme-godheid Bahubali.

Geskiedenis

Bewyse vir prehistoriese godsdiens op die subkontinent kom uit verspreide rotstekeninge uit die Mesolitikum. Die Harappa-volk van die Indusvalleibeskawing, wat van 3300 tot 1300 v.C. geduur het, was ’n vroeë verstedelikte kultuur wat die Vediese godsdiens voorafgegaan het.

Die gedokumenteerde geskiedenis van die Indiese gelowe begin met die historiese Vediese geloof, die godsdienspraktyke van die vroeë Indo-Iraniërs van omstreeks 1750 tot 500 v.C. Dié godsdiens was naby verwant aan vroeë Zoroastrisme; die liturgiese taal daarvan, Vediese Sanskrit, was verwant aan Avesties.

Die hervormingsperiode tussen 800 en 200 v.C. was ’n "keerpunt tussen die Vediese en die Hindoe-godsdienste". Die Sjramana-beweging, ’n antieke Indiese godsdiensbeweging parallel aan maar apart van die Vediese tradisie, het aanleiding gegee tot Djainisme en Boeddhisme, en was verantwoordelik vir die verwante begrippe joga, samsara (die siklus van geboorte en die dood) en moksja (die bevryding van dié siklus).

Die Puraniese Periode (200 tot 500 n.C.) en vroeë Middeleeue (500 tot 1100 n.C.) het aanleiding gegee tot ’n nuwe gedaante van Hindoeïsme. Die vroeë Islamitiese periode (1100 tot 1500) het ook nuwe bewegings tot gevolg gehad. Sikhisme is in die 15de eeu gestig na aanleiding van die leringe van Ghoeroe Nanak en die nege opeenvolgende Sikh-ghoeroes in Noord-Indië.

Met die koloniale besetting van Brittanje het ’n nuwe interpretasie van Hindoeïsme ontstaan, wat die Indiese onafhanklikheidsbeweging aangehelp het.

Verwysings

Bronne

Gedrukte bronne

  • Michaels, Axel (2004), Hinduism. Past and present, Princeton, New Jersey: Princeton University Press 
  • Jain, Arun (2008), Faith & philosophy of Jainism 
  • Svarghese, Alexander P. (2008), India : History, Religion, Vision And Contribution To The World 
  • Mallinson, James (2007), The Khecarīvidyā of Ādinātha 
  • Flood, Gavin; Olivelle, Patrick (2003), The Blackwell Companion to Hinduism, Malden: Blackwell 

Webbronne

Eksterne skakels

Tags:

Indiese Gelowe GeskiedenisIndiese Gelowe VerwysingsIndiese Gelowe BronneIndiese Gelowe Eksterne skakelsIndiese GeloweBoeddhismeDjainismeGeskiedenis van IndiëHindoeïsmeIndiese subkontinentSikhisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SteenkoolGordelroosMierAkademiaDaggaLewerRugbywêreldbeker 2023MynbouImpakte van toerismeToerismeJudaïsmePoesTelevisiePersentasieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaTrappe van vergelykingNatuurrampWaterbesoedelingSmeltpuntPablo PicassoLatynMandalaStam (taalkunde)HoofkarakterSomerGriepBraaiViëtnamoorlogEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaProvinsies van Suid-AfrikaJSENetbalLys van Kaapstad se voorstede7de LaanVryheidsmanifesKoolhidraatKaapstadse waterkrisis 2015-2018AnilingusKopieregDemi Lee MooreGoeie VrydagKondensasieAvbobRacheltjie de BeerProteïenD.J. OppermanChatGPTWitrenosterMonopolyAborsie in Suid-AfrikaEkonomiese sektorWiskundeFotoEjakulasieVlekvrye staalLetterlike en figuurlike taalgebruikIndiëOutismePersoon (taalkunde)Fiela se kindAppel (sanger)GautengBloemfonteinKhoikhoiMadison IvyMartin Luther King jr.BloeddrukJan-Willem BreureXenofobie in Suid-AfrikaMantisLys van musiekinstrumenteSelfmoordNic de JagerIndustriële RevolusieOnderwerp (taalkunde)Elektroliet🡆 More