Godheid

’n God of godheid (vroulik: godin) is ’n hipotetiese bonatuurlike entiteit wat in ’n geloof as ’n magtige, bomenslike wese aanbid word en as verantwoordelik beskou word vir bepaalde aspekte van die werklikheid of vir die werklikheid as ’n geheel.

Gode word soms beskou as wesens wat op die aarde lewe, met name van die natuurelemente, of in die hemel of ’n onderaardse wêreld.

Godheid
Hindoeïsme
Godheid
Boeddhisme
Godheid
Maja
Godheid
Romeine

Verskillende gelowe

In sommige gelowe word net een god aanbid (monoteïsme), soos die Christendom, Islam en die Jodedom, en in ander gelowe is daar meer as een god (politeïsme), soos in die Griekse en Romeinse mitologie en Hindoeïsme.

Henoteïstiese gelowe aanvaar een opperste god, maar ontken nie die bestaan van ander gode nie en beskou hulle as aspekte van dieselfde goddelike beginsel.

Hoewel die meeste monoteïstiese gelowe hulle god as alomteenwoordig en vir ewig beskou, is dit nie noodsaaklik in die definisie van ’n "godheid" nie. Verskeie kulture stel hulle gode anders voor. Monoteïstiese gelowe verwys gewoonlik na hulle god in manlike terme, terwyl ander gelowe op verskeie maniere na hulle gode verwys – manlik, vroulik of sonder geslag.

Histories het baie antieke kulture, insluitende dië van Mesopotamië, Antieke Egipte, Antieke Griekeland en die Antieke Romeine, natuurverskynsels vergoddelik. Sommige gode, soos die Vediese gode, is as etiese begrippe beskou. In Indiese gelowe is gode beskou as manifestasies binne die tempel van elke lewende wese se liggaam, soos sintuiglike organe en die siel.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Natuur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonkragBestaansboerderyElon MuskDesmond TutuLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOrgasmePseudowetenskapStam (taalkunde)AtoomKolitisPaarl GimnasiumBelastingGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondOlimpiese Somerspele 2024ElandréKaartTaalfossielKriekOssewaByDaggaPlantMassaWitbloedselDroomBeaufortskaalPubliekNeurenberg-verhoreLarry PageCleopatra VIISeksismeIslamitiese StaatTennisBeroerteBraaiSonnestelselGeskiedenis van erotiese afbeeldingsTatoeëermerkMiteSportLys van Afrikaanse televisiereekseResensieGeslagsgelykheidJudaïsmeJohannes MeintjesAngina pectorisDolfynBateCorioliskragWerkwoordN.P. van Wyk LouwOranjerivierRomanSoogdierSkilpadVratHoofstadSout (chemiese stof)AandagstreepKindersiektesTrappe van vergelykingDriedimensioneelDirekte en Indirekte redeStedelike hitte-eilandWatersuiweringPuberteitGriekwa-AfrikaansAardeGamelanWaterVersoeningsdagWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHernubare energieToerismeLys van myne in Suid-AfrikaReënspinnekopBewussyn🡆 More