’n Boeddha is ’n persoon wat boeddhaskap bereik het.
Dit kan ook verwys na die historiese Boeddha, Siddhartha Gautama (563 v.C. – 483 v.C.)
Die woord "boeddha" kom voor in Sanskrit, Pali en ander tale en beteken letterlik "Verligte Een" (van die Sanskrit "√budh", om te verrys). Maar Boeddha beteken ook die "Ontwaakte" en "die met 'n allesomvattend insig". Streng gesproke is 'n Boeddha iemand wat op eie stoom volledig ontwaak is, en sy kennis met ander deel sodat hulle ook kan ontwaak. Breër gesproke is elke volledig ontwaakte persoon 'n Boeddha.
Boeddhaskap word deur 'n Agtvoudige Pad bereik. Dit begin met insig in die drie karaktereienskappe van die lewe: dukkha (lyding, onvolmaaktheid), anatta (die gebrek aan 'n permanente self of ’n onveranderlike, ewige siel), anicca (die voortdurende verandering van alles was is). Hierop volg die beoefening van sila (juiste gedrag) en meditasie (samatha en vipassana).
Daar is verskillende soorte volledig ontwaakte persone:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Boeddha, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.