Messier 34

Messier 34 of M34 (ook bekend as NGC 1039) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Perseus.

Dit is voor 1654 deur Giovanni Batista Hodierna ontdek. Charles Messier het dit in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 34
Messier 30 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Messier 30 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort stelsel Oop sterreswerm
Sterrebeeld Perseus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 02h 42,1m
Deklinasie +42º 46'
Skynmagnitude 5,5
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 1 500 ligjare (470 parsek)
Skynbare grootte  35 boogminute
Ander name NGC 1039, OCl 382, C 0238+425
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

M34 is sowat 1 500 ligjare (470 parsek) van die Aarde af. Dit bevat sowat 400 sterre van tussen 0,12 en 1 sonmassa en het ’n radius van sowat 7 ligjare. Die sterreswerm is net-net met die blote oog sigbaar in baie donker toestande, of met ’n verkyker as daar effense ligbesoedeling is.

Die ouderdom van M34 is iewers tusen dié van die Plejades (100 miljoen jaar) en die Hiades (800 miljoen jaar). Vergelykings tussen waargenome sterspektrums en die waardes wat voorspel word deur evolusiemodelle, plaas M34 se ouderdom tussen sowat 200 miljoen en 250 miljoen jaar. Dit is min of meer wanneer sterre met ’n sonmassa van 0,5 die hoofreeks binnegaan. In vergelyking daarmee gaan sterre soos die Son die hoofreeks na 30 miljoen jaar binne.

Minstens 19 sterre in die swerm is wit dwerge. Dit is oorblyfsels van sterre van tot 8 sonmassas wat deur die hoofreeks beweeg het en nie meer energie verwek nie. Van die 19 is 17 van spektraaltipe DA of DAZ, een is tipe DB en die laaste een tipe DC.

Metaalinhoud

Die gemiddelde proporsie van elemente met ’n hoër atoomgetal as helium word in sterrekunde metale genoem. Dit word uitgedruk deur die logaritme van die verhouding van yster tot waterstof, in vergelyking met dieselfde proporsie in die Son. Vir Messier 34 het die metaalinhoud ’n waarde van [Fe/H] = +0,07 ± 0,04. Dit is die ekwivalent van ’n proporsie van 17% of hoër in vergelyking met die Son. Ander elemente kom in ’n soortgelyke hoeveelheid voor, met die uitsondering van nikkel, waarvan daar minder aangetref word.

Verwysings

Eksterne skakels

02h 42.1m 00s, 42° 46′ 00″

Tags:

Charles MessierKomeetMessier-voorwerpPerseus (sterrebeeld)SterrebeeldSterreswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

UpingtonSwart nasionalismeKlinkerLys van politieke partye in Suid-AfrikaSelfieTarentaleRussiese inval in Oekraïne sedert 2022VisFotosinteseSterGevolge van aardverwarming op oseaneWikipediaCalviniaWet op NaturellengrondMasturbasiePinksterBywoordTsoenamiKwosiëntGeografie van Suid-AfrikaRenosterGroot vyfLetterkundeBrugMaselsLemoenChirurgieLionel PetersonSeekoeiIndonesiëAardverwarmingGroepsdruk3D-rolprentDeurgangsriteBrongitisPersentasiePoesVeelvuldige skleroseBlack SashGriekwa-AfrikaansErfenisSweedsHulpwerkwoordPeach van PletzenDiarreeLeestekenKaapse VlakteDepressie (gemoedstoestand)KankerByvoeglike naamwoordKinderregteAbstraksie (rekenaarwetenskap)Ruan PienaarGregoriaanse kalenderKriekOopbroninhoudSonenergieVoedselkettingInsekLeeuBritse RykLiewe HeksieNierversakingWaterstofBeurtkragGrondwet van Suid-AfrikaSlotmasjienChemiese elementCheslin KolbeSeksueel oordraagbare infeksieSkilpadWillie JoubertPankreasFrankrykBorste🡆 More