Messier 81

Messier 81 of M81 (ook bekend as onder meer NGC 3031) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 11,8 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer.

Dit is in 1774 deur Johann Elert Bode ontdek en daarom word dit soms Bode se Sterrestelsel genoem. Charles Messier en Pierre Méchain het dit in 1779 herontdek en Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 81
Messier 81 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Messier 81 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Groot Beer
Tipe SA(s)ab, LINER
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 09h 55m 33,2s
Deklinasie +69º 03' 55"
Skynmagnitude 6,94
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 11,8 miljoen
Skynbare grootte  26,9 × 14,1 boogminute
Ander name M81, Bode se Sterrestelsel, NGC 3031, UGC 5318, PGC 28630
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Vanweë sy nabyheid aan die Aarde, grootte en aktiewe kern met ’n supermassiewe swartkolk van 70 miljoen sonmassas is M81 al intensief deur professionele sterrekundiges bestudeer. Vanweë sy helderheid is dit ook baie gewild onder amateur-sterrekykers.

Stof-emissie

Die grootste deel van die stelsel se infrarooistrale kom van interstellêre stof. Die stof word hoofsaaklik in die spiraalarms aangetref en word verbind met gebiede van stervorming. Die algemene verduideliking is dat die warm blousterre met ’n kort leeftyd wat in die stelsel se stervormende gebiede aangetref word, die stof verhit en so die uitstraling van infrarooistrale vanaf dié gebiede verhoog.

Supernova

Net een supernova is al in M81 gesien. SN 1993J is op 28 Maart 1993 deur F. Garcia in Spanje ontdek. Dit was toe die tweede helderste supernova wat nog in die 20ste eeu waargeneem is.

Die spektraal-eienskappe van die supernova het mettertyd verander. Aanvanklik het dit soos ’n tipe II gelyk (’n supernova wat gevorm word wanneer ’n ster ontplof) met sterk waterstof-spektraallyn-emissies, maar die waterstoflyne het later verdof en sterk helium-spektraallyne het verskyn, wat dit meer soos ’n tipe Ib laat lyk het. Die variasies in SN 1993J se helderheid het ook nie ooreengestem met dié van ander tipe II-supernovas nie, maar met tipe 1b. Die supernova is toe geklassifiseer as tipe IIb, ’n oorgangsklas tussen II en Ib.

M81-groep

Messier 81 
M81 (links) en M82 (regs). M82 is een van twee sterrestelsels word sterk beïnvloed word deur M81 se swaartekrag. Die ander een, NGC 3077, lê buite die bokant van dié foto.

Messier 81 is een van die grootste sterrestelsels in die M81-groep, ’n groep van 34 sterrestelsels in die Groot Beer. Op sowat 11,8 ligjare van die Aarde af, is dié groep en die Lokale Groep, met onder meer die Melkweg, bure in die Virgo-superswerm.

Swaartekrag-interaksies tussen M81, M82 en NGC 3077 het waterstofgas van al drie sterrestelsels weggestroop en dit het gasagtige strukture in die groep gevorm. Dit het ook veroorsaak dat interstellêre gas in die binnestreke van M82 en NGC 3077 beland het, wat tot kragtige stervorming daar gely het.

Verwysings

Eksterne skakels

09h 55m 33.2s, +69° 03′ 55″

Tags:

Messier 81 Stof-emissieMessier 81 SupernovaMessier 81 M81-groepMessier 81 VerwysingsMessier 81 Eksterne skakelsMessier 81AardeCharles MessierGroot BeerKomeetLigjareMessier-voorwerpPierre MéchainSpiraalsterrestelselSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MangelontstekingNarsistiese persoonlikheidsteuringGeldDie Stem van Suid-AfrikaElektroniese of digitale mediaNasionalismeGroepsdrukCurly HowardMenseregtedagKaapstadTafelbergHamburgerPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOrthopteraGrondbesoedelingKamoefleringKoos BekkerLionel MessiSeksXhosasLys van Griekse mitologiese figureAfrikanersDundermEnkelvoudige sinSeksuele penetrasieKoolstofTienie HollowayOntwikkelende landPersoonlike voornaamwoordBorskankerKrieketDroogteWiskundeKomplementêre kleureJohan VorsterBalletSkildklierArmoedeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVlag van Suid-AfrikaRobbeneilandTropiese sikloonDigitale en analogiese tydSleutel (musiek)Beëdigde verklaringSinsbouVierde Industriële RevolusieWoordeboek van die Afrikaanse TaalLika BerningJohn Brown (aktivis)Direkte en Indirekte redeHoedElana AfrikaAanhalingstekensPeriodieke tabelOnse VaderEngelsPornhubWaterkringloopSportLionel PetersonFrankrykRooms-Katolieke KerkVoedingSuid-SothoSamestellende afleidingKoos du PlessisVolksrepubliek ChinaSASOLBetonGeelslangWiskundige terminologieHoofstadSjimpanseeWinnie Madikizela-Mandela🡆 More