Messier 28 of M28 (ook bekend as NGC 6626) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter.
Dit is op 27 Julie 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Messier 28 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Boogskutter | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 24m 32,89s | |||
Deklinasie | -24º 52' 11,4 | |||
Skynmagnitude | 7,66 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 17 900 (5 500 parsek) | |||
Skynbare grootte | 11′.2 | |||
Ander name | NGC 6626, GCl 94 | |||
|
In die lugruim is dit minder as ’n graad noordwes van die ster Kaus Borealis, wat ’n helderheid van 3 mag het. Deur ’n verkyker is dit sigbaar as ’n mistige kol.
M28 is sowat 17 900 ligjare van die Aarde af. Dit is 2 miljard jaar oud en het ’n massa van 551 000 sonmassas. Daar is 18 veranderlike sterre in die swerm. In 1986 was dit die eerste bolvormige sterreswerm waarin ’n millisekonde-pulsar, PSR B1821–24, gevind is. Sedertdien is nog 11 gevind. In 2011 was dit die derde grootste bekende getal pulsars in ’n swerm.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Messier 28, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.