Omega-Newel: Emissienewel in die sterrebeeld Boogskutter

Die Omega-newel (ook bekend as die Swaan-, Kreef- of Hoefyster-newel, Messier 17 en NGC 6618) is ’n emissienewel in die sterrebeeld Boogskutter.

Dit is in 1745 deur Philippe Loys de Chéseaux ontdek en Charles Messier het dit in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is geleë in die ryk stervelde van die Boogskutter-gebied van die Melkweg.

Omega-newel
Die stervormende streek Messier 17. (Bron: ESO)
Die stervormende streek Messier 17.
(Bron: ESO)
Soort newel Emissienewel
Sterrebeeld Boogskutter
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 20m 26s
Deklinasie -16º 10' 36"
Skynmagnitude (m) 6
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 5 000-6 000
Skynbare grootte 11'
Ander name
Swaan-, Kreef-, Hoefyster-newel, Messier 17, NGC 6618, Sharpless 45, RCW 160, Gum 81
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Omega-newel is tussen 5 000 en 6 000 ligjare van die Aarde af en strek sowat 15 ligjare ver. Die wolk van interstellêre materiaal waarvan die newel deel is, het ’n deursnee van sowat 40 ligjare en ’n massa van 30 000 sonmassas. Omega self se massa word geraam op sowat 800 sonmassas. Dit word beskou as een van die helderste en grootste stervormende streke in ons sterrestelsel.

’n Oop sterreswerm van 35 sterre lê in die newelagtigheid en veroorsaak dat die gasse van die newel glinster vanweë bestraling deur hierdie warm jong sterre. Daar is egter heelwat meer sterre in die newel, tot 800.

Verwysings

Eksterne skakels

18h 20m 26s, −16° 10′ 36″

Tags:

Boogskutter (sterrebeeld)Charles MessierKomeetMelkwegMessier-voorwerpNewelSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StaalKonsentrasiekampGroot-VisrivierBoelieryRooibloedselJan van RiebeeckGesondheidKatherine JohnsonBloedsomloopstelselWetenskapSonkragWikimedia-stigtingApostoliese GeloofsendingKoos du PlessisVersoeningsdagMoedersdagHoofstadDokterAfrikanersHaaieKolonoskopieLys van kinderspeletjiesBetonDigitale en analogiese tydPussy RiotPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteTemperatuurOnbemande vliegtuigSosiale mediaCarike KeuzenkampVoyeurismeDesmond TutuGroepsdrukRina HugoMieliePampoentjiesLeierskapBTWPrimêre sektor van die ekonomieArmoedeverligtingMaatskaplike verantwoordelikheidAfro-AmerikanersPerdStruktuur van die AardeNoord-KaapVerenigde State van AmerikaPastoorSpelerposisies in rugbyTrigeminale neuralgieEiffeltoringKorrupsieJeuksiekteMahatma GandhiMaselsRassisme in AfrikaWoordsoortWaarheid-en-versoeningskommissieGalblaasBosluisbytkoorsRekeningkundeSteve HofmeyrWhatsAppNarkoseSwangerskapHage GeingobDrinkwatervoorsieningAntieke EgipteNarsismeKunsKaapse VlakteSwart nasionalismeGreen PornoKolonisasieFabel🡆 More