Driespletige Newel: Emissie- en refleksienewel in die sterrebeeld Boogskutter

Die Driespletige Newel (ook bekend as onder meer Messier 20 en NGC 6514) is ’n H II-gebied in die sterrebeeld Boogskutter.

Dit is ’n ongewone kombinasie van ’n oop sterreswerm, ’n emissienewel (die onderste rooi deel), ’n refleksienewel (die boonste blou deel) en ’n donker newel (die oënskynlike gapings in die emissienewel wat aan die struktuur sy driespletige voorkoms gee). Laasgenoemde word ook Barnard 85 genoem.

Driespletige Newel
Driespletige Newel: Eienskappe, Galery, Verwysings
Die drie "dele" van die newel kan duidelik op dié foto gesien word. (Bron: ESO)
Soort newel Emissie-/refleksienewel
Sterrebeeld Boogskutter
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 02m 23s
Deklinasie -23º 01' 48"
Skynmagnitude (m) 6,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 5 200
Skynbare grootte 28'
Ander name
NGC 6514, Sharpless 30, RCW 147, Gum 76
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

Die Driespletige Newel is in 1997 deur sterrekundiges ondersoek deur middel van die Hubble-ruimteteleskoop. Filters is gebruik wat emissies van waterstofatome, geïoniseerde swaelatome en dubbelgeïoniseerde suurstofatome isoleer. Die beelde is saamgevoeg vir ’n foto om te wys hoe die newel dalk vir ’n waarnemer sal lyk.

Die nabyskote wys ’n digte wolk van stof en gas wat die geboorteplek van nuwe sterre is. Dié wolk is sowat 8 ligjare van die newel se sentrale ster. ’n Straal van sowat 0,75 ligjare peul uit die kop van die wolk. Die bron van die straal is ’n jong stellêre voorwerp diep binne-in die wolk. Sulke strale is die uitlaatgasse van stervorming. Straling van die newel se sentrale ster laat die straal gloei.

In Januarie 2005 het Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop 30 sterre in wording en 120 nuut gevormde sterre ontdek wat nie op foto's met sigbare lig gesien is nie.

Die newel is sowat 5,2 kilo-ligjare van die Aarde af en het ’n magnitude van 6,3.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

18h 02m 23s, −23° 01′ 48″

Tags:

Driespletige Newel EienskappeDriespletige Newel GaleryDriespletige Newel VerwysingsDriespletige Newel Eksterne skakelsDriespletige NewelBoogskutter (sterrebeeld)Donker newelH II-gebiedSterrebeeldSterreswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaAardbewingDeurgangsriteHeks van HexrivierNiemetaalDriedimensioneelAngssteuringLionel PetersonSpinnekopSuikerbekkiesLys van Afrikaanse skrywersNatriumAspoestertjiePirow Bekker25 AprilBraaiPuberteitPornografieMiddelmisbruikMuscat Internasionale LughaweKeelseerWêreld- Ekonomiese ForumPeperbus, FraserburgHoërskool Sentraal, BloemfonteinWikimedia-stigtingSteenkool in Suid-AfrikaMIVKrugerwildtuinSwitserlandLiewe HeksieKrokodilPaarl GimnasiumEkonomieDaggaGroot vyfLys van Suid-Afrikaanse skrywersWhatsAppRina HugoKlereLongSelfoonRosa ParksSkooluniformKwaZulu-NatalOrale seksEnsiklopedieTswanaNarsismeBeaufortskaalKersfeesSeksuele stimulasieKunsmatige algemene intelligensieOlimpiese Somerspele 2024BlaarLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAlliterasiePseudowetenskapPeriodieke tabelDiepaartromboseDemokrasieVaste stofSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureEerste WêreldoorlogAfrikaanse WikipediaJudaïsmeUpingtonAfrikanernasionalismeIntensiewe vormKerngeneeskundeNetbalKommunikasieHartKoolstofdioksiedGautengKontinentdgbsj🡆 More