Ptolemeus-Sterreswerm: Oop sterreswerm

Die Ptolemeus-sterreswerm (ook bekend as Messier 7 of NGC 6475) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Skerpioen.

Dit is in 1746 deur Jean-Dominique Maraldi ontdek. Dit kan maklik met die blote oog gesien word, naby die angel van die Skerpioen.

Ptolemeus-sterreswerm
Messier 7 is in die middel van dié foto.
Messier 7 is in die middel van dié foto.
Soort stelsel Oop sterreswerm
Sterrebeeld Skerpioen
Messier-naam Messier 7
Tipe I,3,m (Trumpler), e (Shapley)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 53m 51,2s
Deklinasie -34º 47' 34"
Skynmagnitude 3,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 980
Ouderdom (jaar) 200 miljoen
Skynbare grootte  80′
Aantal sterre 80
Rooiverskuiwing  −47 x 10-6
(= blouverskuiwing)
Massa 735 M
Ander name NGC 6475
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

M7 is sedert die antieke tyd bekend; dit is vir die eerste keer deur die 1ste-eeuse Grieks-Romeinse sterrekundige Ptolemeus waargeneem, wat dit in 130 n.C. as ’n newel beskryf het. Die Italianer Giovanni Batista Hodierna het dit voor 1654 gesien en 30 sterre daarin getel. In 1764 het die Fransman Charles Messier dit as die sewende lid van sy katalogus van komeetagtige voorwerpe aangeteken.

Met ’n teleskoop kan sowat 80 sterre gesien word. Teen ’n afstand van 980 ligjare beteken dit die swerm is sowat 25 ligjare breed. Dit het ’n massa van sowat 735 sonmassas en is sowat 200 miljoen jaar oud. Die helderste ster het ’n magnitude van 5,6.

Verwysings

Eksterne skakels

17h 53.9m 00s, −34° 49′ 00″

Tags:

Skerpioen (sterrebeeld)SterrebeeldSterreswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ElandréPomeloHerfsLitiumEskomOligopolieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameCheslin KolbeLys van munisipaliteite in Suid-AfrikaOntwikkelde landLidwoordPropagandaWolkOseaanbesoedelingWêreld- Ekonomiese ForumHartversakingVoorsetselKnysnaUnited Democratic FrontRefentse MorakeGroenOmanSkildklierLongontstekingTarentaleDoopNasionale VrouedagHeupvervangingVersoeningsdagWoordsoortPrivaat maatskappyLys van Griekse mitologiese figureKweekhuiseffekVerstedelikingMaagsweerWerkwoordEkonomiese VryheidsvegtersJodeReddingskakeBloeddrukAsemhalingSimmetrieBraaiDieregeluideTradisionele literatuurRuan PienaarLugbesoedelingVenda (taal)Wiki CommonsEtniese groepGrondVerenigde NasiesRenaissanceSwangerskapKorrupsieIndonesiëAgtervoegselBuffelMaanStedelike gebiedSweedsKankerBywoordAanhalingstekensKindersiektesMisdaadromanMagneetAngolese Burgeroorlog3D-rolprentLandbouAkademiaJan BlohmEdel Agtvoudige PadSkoenlapperEmfiseem🡆 More