Messier 48 of M48 (ook bekend as NGC 2548) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Noordelike Waterslang.
Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Messier 48 | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Noordelike Waterslang | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 13,7m | |||
Deklinasie | -05º 45' | |||
Skynmagnitude | 5,5 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 500 (460 parsek) | |||
Skynbare grootte | 54 boogminute | |||
Ander name | M48, NGC 2548 | |||
|
Daar is nie werklik ’n sterreswerm in die posisie wat Messier aangedui het nie. Die waarde wat hy aangee vir die regte klimming stem ooreen met dié van NGC 2548, maar die deklinasie is vyf grade uit. Caroline Herschel kry soms die krediet vir die ontdekking van die swerm in 1783.
In goeie toestande is M48 met die blote oog van die Aarde af sigbaar. Dit is sowat 1 500 ligjare van hier en na raming 300 miljoen jaar oud.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Messier 48, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.