Ford Model T

Die Ford Model T (in die omgangstaal bekend as die Tin Lizzie, Model T, of T) is 'n motor wat deur Henry Ford se Ford Motormaatskappy vervaardig is van 1 Oktober 1908 tot 26 Mei 1927.

Dit word algemeen beskou as die wêreld se eerste bekostigbare motor, die motor wat reis vir die algemene middelklas Amerikaner geopen het; die rede was Ford se doeltreffende vervaardiging, insluitende monteerbandproduksie in plaas van individuele handvervaardiging.

Ford Model T
Ford Model T
Die 1919 Ford Model T koepee
Oorsig
Vervaardiger Ford Motormaatskappy
Produksie 1908–27
Montering VSA, Europa, Australië, Brasilië, Chili
Ontwerper Henry Ford, Childe Wills, Joseph Galamb en Eugene Farkas
Bakwerk en onderstel
Klas Volgrootte ekonomiese motor
Bakstyl geen, 1-, 2-, 3-, 4-deur
sedan, toermotor, koepee, roadster, stasiewa, bakkie
Uitleg voorenjin, agterwieldryf
Spesifikasies
Enjin(s) 2.9 L (177 kub. dm.) 20 pk inlynviersilinder
Ratkas 2-gang vlakratte
Lengte 134 dm (3404 mm)
Massa 1200 lb (540 kg)
Asafstand 100 dm (2540 mm)
Plek in geskiedenis
Voorganger Ford Model S
Opvolger Ford Model A

Die Ford Model T is aangewys as die invloedrykste motor van die 20ste eeu in die "Motor van die Eeu"-kompetisie van 1999, voor die BMC Mini, Citroën DS en die Volkswagen Beetle, en haal nog steeds die top-tienlys van besverkopermotors (op nr. 8) teen 2012.

Hoewel motors reeds ​​vir dekades bestaan het toe die Model T vrygestel is, was hulle steeds skaars en redelik duur. Die Model T lui 1908 in as die historiese jaar toe motors gewild geword het vir die massamark. Die eerste produksie-Model T is op 12 Augustus 1908 vervaardig en het die fabriek op 27 September 1908, by die Piquette-aanleg in Detroit, Michigan verlaat. Op 26 Mei 1927 het Henry Ford aanskou hoe die 15 miljoenste Model T Ford van die monteerlyn afrol by sy fabriek in Highland Park, Michigan.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.



Tags:

Ford MotormaatskappyHenry FordMotorvoertuigTin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondLeeuJode in Suid-AfrikaVoyeurismeSnaarinstrumentJan-Willem BreureGrondsoorteJosef StalinBerilliumKompasSamestellingKlein-KarooHoofpynGrootste rampe in Suid-AfrikaCarles PuigdemontIndustriële RevolusieBreedtegraadJavaScriptRymFiela se kindGeskiedenis (vakgebied)Lys van myne in Suid-AfrikaKapitaal (ekonomie)Lionel MessiBruin menseHernubare energieIntensiewe vormKunsKarakteriseringSkoenlapperHoofkarakterPankreasPrimêre sektor van die ekonomieSonBreinvliesontstekingMaselsVerkleurmannetjieDigvormWeer (meteorologie)MondJaco JacobsInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandKrugerwildtuinWetenskaplike klassifikasieLimfvatstelselLien se lankstaanskoeneDesimale breukeVoedselkettingPesachRuslandKatoenProteaVars waterTswanaHoenderGoogle MapsVrouMieliestronkKolonialismeOsoonlaagAnilingusSekondêre sektor van die ekonomieLys van bekende Suid-AfrikanersAssonansieBorskankerDemokrasieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySeisoenJuraSebraDie GelofteSpinnekopHartversakingBloukraanvoël🡆 More