Die Duif (Latyn: Columba) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat laat in die 16de eeu geskep is.
Dit lê net suid van die Groot Hond en die Haas.
Duif | ||||
Latynse naam | Columba | |||
Genitief | Columbae | |||
Afkorting | Col | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 6h | |||
Deklinasie | -35º | |||
Grootte | 270 vk. grade (54ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Phact (α Col) | |||
Naaste ster | Gliese 218 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 18 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Haas, Graveerstif, Skilder, Agterdek, Groot Hond | ||||
|
Die sterrebeeld is in 1592 deur die Nederlandse sterrekundige Petrus Plancius geskep om die "ongevormde" sterre van die Groot Hond te onderskei. Hy het dit oorspronklik "Noag se Duif" genoem.
Die Duif is taamlik onopvallend; die helderste ster, Alpha Columbae (α Col), het ’n helderheid van 2,65 mag. Die enigste ander ster met ’n naam is Beta Columbae, wat Wazn of Wezn genoem word (Arabies vir ’n gewig).
Die Duif bevat die drosterster Mu Columbae, wat waarskynlik uit die Iota Orionis-stelsel gewerp is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Duif (sterrebeeld), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.