Sterrebeeld Skilder: Sterrebeeld

Die Skilder (Latyn: Pictor) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim langs die Groot Magellaanse Wolk.

Hoewel sy naam Skilder is, stel dit eintlik ’n skilder se esel voor – die oorspronklike Latynse naam was Equuleus Pictoris en is later verkort. Dit is in die 17de eeu uitgedink deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille.

Skilder
Sterrebeeld Skilder: Sterrebeeld
Latynse naam Pictor
Genitief Pictoris
Afkorting Pic
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 4,53h ~ 6,85h
Deklinasie −43° ~ −64º
Grootte 247 vk. grade (59ste)
Kwadrant SQ1
Besonderhede
Hoofsterre 3
Helderste ster Alpha Pictoris (α Pic)
Naaste ster Kapteyn se Ster
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 3
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 15
Aangrensende sterrebeelde
Graveerstif, Kiel, Duif, Swaardvis, Agterdek, Vlieënde Vis
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Die Skilder het in onlangse jare aandag getrek vanweë sy tweede helderste ster, Beta Pictoris (β Pic), wat 63,4 ligjare van die Aarde af is en deur ’n ongewone, koolstofryke stofskyf omring is.

Kapteyn se Ster, ’n rooi dwergster 12,78 ligjare van hier, is die naaste bekende ster met ’n halo.

NGC 1705 is ’n onreëlmatige dwergsterrestelsel 17 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is een van die aktiefste stervormende sterrestelsels in die nabygeleë heelal, ondanks die feit dat hy sy hoogtepunt van stervorming sowat 30 miljoen jaar gelede bereik het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Groot Magellaanse WolkLatynNicolas-Louis de LacailleSterrebeeldSterrekundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SterOopbroninhoudWaterpokkiesRolprentVlag van AfghanistanDeon MeyerSigaretGerrie PretoriusGenesisTobie CronjéKappie (skryfteken)NierHondeklipbaaiBakterieSean CombsHematurieKanadese nasionale krieketspanLikkewaanEnsiklopedieKolonoskopieHeupvervangingSatireLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMenslike seksuele gedragHeliosfeerSelfmoordRepubliek ArtsachLandbouErfenisdag (Suid-Afrika)GordelroosHadjNaeltjiesVuurFinlandSonnestelselTegnologiePolitieke partyPG du PlessisBoet TroskieKwaZulu-NatalSesnasies-toernooiGriepAkkedisBeroerteNAVOGeelsugLys van bekende Suid-AfrikanersGriekelandGedigN.P. van Wyk LouwWaldimar PelserPornografiese subgenresPsigopatieEerste WêreldoorlogDermpoliepNieuwoudtvilleTydKompasEikelGewone tarentaalBrasiliëOnderwys in Suid-AfrikaRussiesPersentasieAkroniemSkrikkeljaarHannes van WykApostoliese GeloofsendingHemelvaartsdagSelfstandige naamwoordBorsbeenRenier van RooyenDiarree🡆 More