Chartreux

Die Chartreux is ’n kortharige katras van Frankryk wat deur verskeie verenigings wêreldwyd erken word.

Dit word egter nie deur die Governing Council of the Cat Fancy in Brittanje erken nie omdat dit te na aan die Britse korthaarkat is. Een van dié kat se kleure is blou-grys.

Chartreux
Chartreux
Land  Frankryk
Ontstaan  Natuurlik
Soort lyf  Kort en stewig
Pels  Kort
Patroon  Effekleurig
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Daar is ’n legende dat die Chartreux afstam van katte wat na Frankryk gebring is deur Kartuiser-monnike om in die orde se hoofklooster, die Grande Chartreuse in die Chartreuse-berge, te gaan woon. Maar in 1972 het die kloostervoog van die Grande Chartreuse ontken dat die klooster se argiewe enige rekords het van ’n katras wat soos die Chartreux lyk. ’n Ander legende lui dat die Chartreux afstammelinge is van wilde katte in die hedendaagse Sirië en dat hulle in die 13de eeu na Frankryk gebring is deur Kruisvaarders, van wie baie by die Kartuiser-monnike-orde aangesluit het.

Die eerste aangetekende vermelding van die ras was in die 18de eeu deur ’n Franse naturalis. Ná die Tweede Wêreldoorlog was min van hulle oor en het telers ’n gesamentlike poging aangewend om te keer dat hulle uitsterf. Die eerste Chartreux is in 1971 na die VSA gebring en in 1987 het dié land se Cat Fanciers' Association kampioenskapstatus aan die ras verleen.

Beskrywing

Die Chartreux is groot en gespierd met relatief kort ledemate. Hulle is bekend vir hul blou-grys waterbestande dubbelpelse, wat dikwels ’n wollerige tekstuur het, en hul oranje- of koperkleurige oë. Vanweë die bou van hul kop en snoet lyk dit dikwels asof hulle glimlag. Hulle is goeie jagters en word hoog aangeskryf deur boere.

Die eerste letter van ’n Chartreux se amptelike naam dui op die jaar van sy geboorte. Alle katte wat in dieselfde jaar gebore is, se name begin met die dieselfde letter. ’n Chartreux wat in 2011 gebore is, se naam sal byvoorbeeld met die letter "G" begin.

Die Chartreux is gewoonlik stil, maak selde ’n geluid en sommige is stom. Hulle is oplettend en intelligent. Hulle is spelerig en kom goed oor die weg met kinders en ander diere. Hulle is liefdevol, goeie reisigers en gewoonlik baie gesond. Hulle smee dikwels hegte bande met een mens in ’n huishouding en hou daarvan om naby hulle te wees.

Sien ook

Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Chartreux GeskiedenisChartreux BeskrywingChartreux Sien ookChartreux VerwysingsChartreux Eksterne skakelsChartreuxBritse korthaarkatBrittanjeFrankrykLys van katrasse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GroepsdrukGroot vyfWeer (meteorologie)Wikimedia-stigtingOu Apostoliese KerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KommaBeaufortskaalAbstraksie (rekenaarwetenskap)MorfeemSleutel (musiek)HemelvaartsdagSoogdierHeupLeestekenJapanLaeveldGrondwetKewerHeelgetalPlastiekBruto binnelandse produkProteïenViëtnamSinoniemNierversakingAssonansieIngenieursweseNatuurrampEnsiklopedieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994LugbesoedelingPornhubSwitserlandPornografiese subgenresLys van bekende Suid-AfrikanersBelastingSterHoenderRobert SobukweDwelmmiddelLys van Joodse feeste en herdenkingsC.J. LangenhovenSinsbouWaterbesparing in Suid-AfrikaVingerseksTuberkuloseKersfeesBruin huisslangMoedersdagLys van NG gemeentesOnderwerp (taalkunde)Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVarkgriepVaste stofHematurieOrthopteraLyfstraf in skoleKolorektale kankerEkonomieTrevor NasserIntensiewe vorm20ste eeuLys van Griekse mitologiese figureLiefdeNatuurHibernasieSeekoeiWoestynDelft, KaapstadGeografie van Suid-AfrikaKommunismeBesnydenisSteenkool in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-Afrika🡆 More