Turkse Angora

Die Turkse angora (Turks: Ankara Kedisi) is een van die antieke natuurlike katrasse.

Dit het in Sentraal-Turkye ontstaan – in die Ankara-streek (voorheen bekend as Angora). Die katte word ook soms die ankarakat of angorakat genoem en in sekere verouderde geskrifte die angolakat.

Turkse angora
Turkse Angora
Alternatiewe naam  Angorakat, ankarakat
Land  Turkye
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Halflank
Patroon  Alle behalwe kleurpunte
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Turkse Angora 
’n Turkse angora met ’n onpaar oë.

Soos alle huiskatte stam die Turkse angora van Afrika se vaalboskat (Felis silvestris lybica) af. Individuele katte is deur handelaars van Egipte en die bergagtige oostelike streke van Anatolië na Turkye gebring en deur inteling en natuurlike seleksie het hulle in langharige rasse soos die Turkse van en Turkse angora ontwikkel.

Langhaarkatte is reeds in die laat 16de eeu van Klein-Asië, Persië en Rusland na Brittanje en Frankryk ingevoer, hoewel daar aanduidings is dat hulle reeds in die 14de eeu in Europa beland het vanweë die Kruistogte. Die Turkse angora is gebruik om die Persiese kat se pels te verbeter en is in die proses amper uitgewis. Hulle is teen die 17de eeu in Europa as ’n aparte ras erken.

In die vroeë 20ste eeu het die Turkse regering in samewerking met die Ankara-dieretuin ’n teelprogram begin om te beskerm wat hulle as ’n nasionale skat beskou: die wit Turkse angora met ’n onpaar oë (een blou en een amberkleurige oog). Die program duur vandag steeds voort.

Beskrywing

Turkse angoras het ’n halflang pels sonder ’n onderlaag, ’n syagtige stert en ’n fyn beenstruktuur. Hulle is veraf verwant aan die Persiese kat en Turkse van. Daar is tans meer as 20 kleure, onder meer swart, blou, rooierig en rookkleurig. Hulle kan gestreep wees en enige kleur behalwe kleurpunte, laventel en kaneel.

Die kop is groot, die ore groot en gepunt en die oë amandelvormig. Oë kan blou, groen of amberkleurig wees of ’n onpaar (een blou en een amberkleurig). Die geen wat verantwoordelik is vir die wit pels is betrokke by doofheid, wat kan beteken dat katte met ’n onpaar oë doof is aan die kant met die blou oog. Baie katte met onpaar oë kan egter normaal hoor en selfs dowe katte kan binnenshuis ’n normale lewe lei.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Turkse Angora GeskiedenisTurkse Angora BeskrywingTurkse Angora Sien ookTurkse Angora VerwysingsTurkse Angora Eksterne skakelsTurkse AngoraAnkaraLys van katrasseTurksTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GedigKnopiespinnekopAnglo-BoereoorlogKoggelmanderRacheltjie de BeerHekseryHartaanvalHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKoolhidraatKriekSean CombsDiepaartromboseAswoensdagRenier van RooyenRepubliek ArtsachVaginale kankerBrandmondsindroomCarles PuigdemontWiskundige terminologieJagluiperdDonderstormWillie EsterhuizenHerfsSpookvoëlTurksvyIngrid JonkerDeon MeyerMamelukVlag van BangladesjErnst Otto Fischer1991Oorlog in Soedan (sedert 2023)Regardt van den BerghWet op NaturellengrondOrkney Snork NieFacebookKasterolieDieregeluideBateRefentse MorakeHelm (geboorte)Pornografiese akteurVerkoueElandréVaginaTrappe van vergelykingDuitsDulcie van den BerghHadjRooikatVrouInstagramMarkus JoosteRooiwaterEerste WêreldoorlogInternetHottentot (vis)JohannesburgSkaakSeksualiteitPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVuurWallisLiesbreukRuslandGebande muishondAfghanistanKuberkrakerKaapstadPapegaaieUniversiteit StellenboschVlag van Afghanistan🡆 More