Russiese Bloukat

Die Russiese bloukat (Russies: Русская голубая; Engels: Russian Blue) is ’n kortharige katras met ’n blou-grys pels.

Hulle is hoogs intelligent en spelerig, maar skaam teenoor vreemdelinge. Hulle ontwikkel hegte bande met hul eienaars en is gewild vanweë hul geaardheid en unieke pels.

Russiese bloukat
Russiese Bloukat
Land  Rusland
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Kort
Patroon  Effekleurig
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Nota: Sommige verenigings erken ook wit en swart katte, maar ander nie.
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Russiese Bloukat 
’n Vier maande oue Russiese bloukatmannetjie.

Die Russiese bloukat is ’n natuurlike ras wat waarskynlik van die hawestad Archangelsk, Rusland, afkomstig is.

Daar word geglo dat die eerste Russiese bloukat in die 1860's deur matrose van die eilande by Archangelsk na Engeland en Noord-Europa gebring is. Die eerste aangetekende geval waar die katte geskou is, is in 1875 as die "Archangel cat" by die ou Crystal Palace in Londen. Die katte het saam met ander blou katte in ’n klas meegeding tot in 1912, toe hulle hul eie klas gekry het.

Die ras is tot met die Tweede Wêreldoorlog hoofsaaklik in Rusland en Skandinawië ontwikkel. Voor die oorlog het ’n gebrek aan getalle daartoe gelei dat die kat met die Siamese kat gekruis is. Hoewel daar van die katte voor die oorlog in Amerika was, is die moderne Russiese bloukat soos hy vandag in Amerika lyk, eers ná die oorlog geskep. Dit is gedoen deur die bloedlyne van die Skandinawiese en Britse katte te meng. Die Siamese eienskappe is nou grootliks uitgeteel.

Hoewel hulle op ’n beperkte grondslag gebruik is in die skepping van ander katrasse soos die Havana-bruinkat en die Nebelung, is die Russiese bloukat self ’n kortharige blou-grys kat.

In die vroeë 1970's is ’n effekleurige wit kat in Australië geskep deur dit met ’n wit huiskat te teel. Dit is die Russiese witkat genoem . Teen die laat 1970's is Russiese wit- en swartkatte in Australië in verskillende klasse aanvaar. Die Southern African Cat Council aanvaar ook wit en swart katte, maar die Amerikaanse Cat Fanciers Association erken nie ander kleure nie.

Beskrywing

Die Russiese bloukat het heldergroen oë, twee lae kort, dik hare en ’n blou-grys pels. Die onderste hare is sag en donsig, en net so lank as die boonste laag, wat ’n egalige blou is met silwer punte. Die stert het egter dowwe, skaars merkbare strepe. Net die Russiese bloukat en Franse Chartreux het hierdie soort pels. Die silwer punte gee dit ’n glansende voorkoms. Enige wit hare of geel oë word as foute in skoukatte beskou.

Die Russiese bloukat moenie met die Britse bloukat verwar word nie – dié is nie ’n afsonderlike ras nie, maar ’n Britse korthaarkat met ’n blou pels.

Die Russiese bloukat is baie intelligent en spelerig, nuuskierig en kalm. Hulle sal nes ’n hond goed vir ’n mens gaan haal wat jy vir hulle gooi en is sensitief vir basiese menslike emosies. Hulle vorm hegte bande met hul eienaars. Hulle kom ook goed met ander diere en kinders klaar. Hulle is skaam voor vreemdelinge as hulle nie gewoond is aan ’n besige omgewing nie. Hulle is skoon katte wat graag miaau.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Russiese Bloukat GeskiedenisRussiese Bloukat BeskrywingRussiese Bloukat Sien ookRussiese Bloukat VerwysingsRussiese Bloukat Eksterne skakelsRussiese BloukatBlouEngelsGrysLys van katrasseRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DagboekKapitaal (ekonomie)AnilingusSkaakEendbekdierLionel PetersonLys van Suid-Afrikaanse skrywersVaalrivierPolitieke partySmaakWêreld- Ekonomiese ForumUniversele Verklaring van MenseregteMielieEkonomiese sektorSwart nasionalismeKoue OorlogEskomWaterbesparing in Suid-AfrikaOrgasmeJohann de LangeVoortrekkersNamibiëStam (taalkunde)HematurieHannes van WykLys van elemente volgens simbool7de LaanLetterkundeSkoenlapperGenitale vratStollingsgesteenteSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeDurbanSikloonVaginale kankerVoyeurismeKleurXhosaSkaapKommunikasieVrugbaarheidGalblaasWet op NaturellengrondGeslagsgelykheidBrongitisGevolge van aardverwarming op oseaneC.J. LangenhovenSuiwelprodukHaaieJan van TonderDeelteken en umlautWoordeboek van die Afrikaanse TaalAardbewingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSonnestelselMobutu Sese SekoBetonKlein-KarooSuid-AfrikaHage GeingobWet op Bantoe-onderwysAkkedisOnbemande vliegtuigPankreasSeksuele opwekkingLikkewaanKolorektale kankerWetenskapGoogle TranslateLeah van NiekerkAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDataverwerkingAtlantiese OseaanElon MuskXhosasShakaPussy Riot🡆 More