katte

Wiki-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens

kattekattekattekattekatte

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se portaal oor katte

Felidae is die familie katagtiges. Hulle is die strengste vleisetende diere in die orde Carnivora. Die bekendste katagtige is die huiskat, wat sowat 10 000 jaar gelede met die mens begin assosieer het. Die familie sluit egter al die ander wilde katte, ook die groot katte soos die leeu, luiperd en jagluiperd, in. Die eerste katagtiges het sowat 25 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak.

katte

Katte

Die poema (Puma concolor), voorheen bekend as die bergleeu, is ’n soogdier van die familie Felidae, wat eie is aan die Amerikas.

Hierdie groot, enkellopende katsoort het die grootste verspreidingsgebied van alle groot wilde landsoogdiere in die Westelike Halfrond, 'n hougebied wat vanaf Yukon in Kanada tot die suidelike Andesgebergte van Suid-Amerika strek.

Soorte wildekatte

Katte

Acinonyx • Acinonyx kurteni • Amoer-luiperd • Asiatiese wildekat• Chinese bergkat • Costa Ricaanse poema • Eurasiese rooikat • Europese jaguar • Europese wildekat • Jagluiperd • Jaguar • Klein gekolde kat • Leeu • Luiperd • Moeraskat • Noordwes-Afrikaanse jagluiperd • Poema • Reusejagluiperd • Rooikat • Siberiese tier • Sneeuluiperd • Suider-Afrikaanse wildekat • Tier • Tierboskat • Tjololo • Toskaanse leeu • Vaalboskat • Wildekat • Woestynkat

Het jy geweet?

  • Die Afrikaanse woord "kat" kom van Nederlands en stem ooreen met die naam in talle ander Europese tale: cat (Engels), cath (Wallies), gato (Spaans), chat (Frans), κάτια (kátia, Bisantynse Grieks), Katze (Duits), katė (Litaus), kissa (Fins), կատու (katoe, Armeens), kotka (Oud-Slawies), кошка (kosjka, Russies), ens.
  • Die vaalboskat (Felis silvestris lybica) is die voorvader van vandag se mak katte. Hulle is ’n subspesie van F. silvestris en dit lyk asof hulle ongeveer 131 000 jaar gelede afgestam het van ’n ander subspesie.
  • Die jagluiperd (Acinonyx jubatus) is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h bereik oor kort afstande van ongeveer 450 meter. Hulle kan van 0-100 km/h versnel binne drie sekondes, wat vinniger is as die meeste supermotors.
  • Die Bengaalse kat is ’n relatief nuwe hibridiese huiskatras wat ’n kruising is tussen ’n huiskat en Asiatiese luiperdkat (Prionailurus bengalensis). Hulle het die kleurpatroon en lyf van ’n wilde kat, maar die sagte geaardheid van ’n huiskat, mits hulle minstens drie geslagte verwyder is van die oorspronklike luiperdkat.

Soorte huiskatte

Katte
  • Lang of halflang hare:

Amerikaanse kruloorkat • Amerikaanse langhaarkat • Amerikaanse stompstertkat • Balinese kat • Britse langhaarkat • Burmilla • Egeïese kat • Heilige Birmaanse kat • Japannese stompstertkat • Javanese kat • Kimriese kat • Kleurpunt-langhaarkat • Koerile-stompstertkat • LaPerm • Maine Coon • Manx • Munchkin • Nebelung • Noorse boskat • Oosterse langhaarkat • Persiese kat • Ragamuffin • Ragdoll • Selkirk-rex • Siberiese kat • Skotse vouoorkat • Somaliese kat • Turkse angora • Turkse van

Katte
  • Kort hare:

Abessiniese kat • Amerikaanse draadhaarkat • Amerikaanse korthaarkat • Amerikaanse kruloorkat • Amerikaanse stompstertkat • Asiatiese kat • Australiese sluierkat • Bengaalse kat • Birmaanse kat • Bombaaikat • Brasiliaanse korthaarkat • Britse korthaarkat • Burmilla • Chartreux • Chausie • Cheetoh • Corniese rex • Devon-rex • Dragon Li • Duitse rex • Egiptiese mau • Eksotiese korthaarkat • Europese korthaarkat • Havana-bruinkat • Japannese stompstertkat • Koerile-stompstertkat • Korat • LaPerm • Manx • Munchkin • Ocicat • Oosterse korthaarkat • Oregon-rex • Pixie-bob • Russiese bloukat • Russiese wit-, swart- en streepkat • Savannekat • Selkirk-rex • Serengeti-kat • Siamese kat • Singapura • Skotse vouoorkat • Snowshoe • Sokoke • Thaise kat • Tonkanese kat • Toyger

  • Geen hare:

Bambino • Don-sfinks • Minskin • Oekraïnse lefkoi • Peterbald • Sfinkskat

katte

Katte

'n Kat met algehele heterochromie. 'n Dier met heterochromie het een blou oog en een wat groen, geel of bruin is. Dit kom ook in ander diere soos die mens voor. Met gedeeltelike heterochromie is die een oog blou en die ander een halfblou en halfanderskleurig. Die toestand word meestal in wit katte aangetref, maar kan in 'n kat van enige kleur voorkom, mits dit die geen vir heterochromie het. Foto: Keith Kissel

Meer oor die huiskat

Die huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae behoort. Lees meer . . .

Klein wildekat van Suider-Afrika

Die klein gekolde kat of swartpootwildekat (Felis nigripes) is 'n klein wildekat wat voorkom in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en gedeeltelik in Zimbabwe. Die kleur varieer van gelerige kaneelbruin in die suide van die streke waarin hy voorkom tot ligte geelbruin in die noorde met verspreide strepe en kolle. Agter op die nek en rug is vier swart strepe waarvan die buitenste twee afdraai oor die skouers. Dié strepies is dikwels verdeel in korter strepies of kolle. Die stert is kort en om die keel is drie ringe. Dié kat is kleiner as die vaalboskat en die strepe en kolle is duideliker. Die mannetjies (1,5–1,7 kg) is effens swaarder as die wyfies (1–1,4 kg). Lees verder . . .

Tags:

Portaal:BiologiePortaal:ChemiePortaal:FisikaPortaal:GeografiePortaal:GeologiePortaal:GeskiedenisPortaal:KrieketPortaal:LetterkundePortaal:MusiekPortaal:RugbyPortaal:SportPortaal:SterrekundePortaal:Vlae en wapens

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolkekundeSuid-AfrikaDikdermKankerVermaakYstervarkLibiëDemokrasieSkilpadKinkhoesLys van Suid-Afrikaanse skrywersGalblaasAkira ToriyamaAnglo-BoereoorlogBloeddrukNieuwoudtvilleBloutongsiekteMenseregteWikimaniaMondJerusalemBywoordDemi Lee MooreWynsteenSusan CoetzerWikipediaSuid-Afrikaanse PolisiediensMamelukJudaïsmeDaggaIerse nasionale rugbyspanTarentaleJeugdagSeksuele stimulasie21 v.C.PenisverlengingJan van RiebeeckDroomEkologieSeksualiteitLys van politieke partye in Suid-AfrikaBoet TroskieKappie (skryfteken)KruisigingLuiperdLandbouNagmaalHelm (geboorte)W3CTeologieSelfstandige naamwoordEpilepsieTobie CronjéNatuurlike satelliete van kleinplaneteInternetWikiSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureEuropaPofadder (slang)Erica BoyerAswoensdagMakazole MapimpiEngelsGriekelandSuiwelprodukRacheltjie de BeerPerdWiskundige terminologieSenuweestelselAardeAnnelize van der Ryst🡆 More