Eksotiese Korthaarkat

Die eksotiese korthaarkat (Engels: Exotic Shorthair) is ’n katras wat ontwikkel is om ’n kortharige weergawe van die Persiese kat te wees.

Eksotiese korthaarkat
Eksotiese Korthaarkat
Land  VSA
Ontstaan  Kruisras
Soort lyf  Stewig
Pels  Kort
Patroon  Alle
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Eksotiese Korthaarkat 
Eksotiese mannetjie van 12 maande oud.

Die Persiese kat is in die 1950's in die geheim deur telers van Amerikaanse korthaarkatte gebruik om hul katras te "verbeter". Die hibride-voorkoms het in dié tyd erkenning op skoue begin gekry, maar telers wat ongelukkig was met die veranderinge, het daarin geslaag om korthaarkatte wat tekens van hibridisering toon, gediskwalifiseer te kry. Een teler van korthaarkatte wat die moontlikhede van die kruising tussen dié katte en die Persiese kat raakgesien het, het eindelik die Amerikaanse Cat Fanciers' Association (CFA) sover gekry om die katte in 1966 as ’n nuwe ras te erken met die naam eksotiese korthaarkat. Tydens die teelprogram is kruisings ook gedoen met die Russiese bloukat en Birmaanse kat. Die Europese Fédération Internationale Féline het die eksotiese korthaarkat in 1986 erken.

Vanweë gereelde kruistelings met Persiese katte, het sommige katte die resessiewe geen vir lang hare. Dit bring mee dat een uit elke vier eksotiese korthaarkatte lang hare kan hê.

Sommige verenigings soos die CFA beskou dié langharige weergawes nie as Persiese katte nie, terwyl The International Cat Association (TICA) dit wel doen. Ander verenigings beskou hulle weer as ’n aparte eksotiese langhaarkat.

Beskrywing

Die kat word soms beskryf as "die luiaard se Persiese kat" omdat hulle die voorkoms van dié katte het, maar danksy hul kort hare nie dieselfde versorging nodig het nie. Hulle stem baie ooreen met Persiese katte, ook wat geaardheid betref, maar is effens lewendiger. Hulle is nuuskierig en spelerig en vriendelik met ander katte en honde.

Die eksotiese korthaarkat het ’n kompakte, ronde, sterk lyf met ’n kort nek. Dit het groot, ronde oë, ’n kort wipneus en klein ore. Alle kleure word erken.

Sien ook

Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Eksotiese Korthaarkat GeskiedenisEksotiese Korthaarkat BeskrywingEksotiese Korthaarkat Sien ookEksotiese Korthaarkat VerwysingsEksotiese Korthaarkat Eksterne skakelsEksotiese KorthaarkatEngelsLys van katrassePersiese kat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

CremonaAarverkalkingMag (sosiale wetenskappe)Sias ReineckeWeervoorspellingTropiese sikloonNasionalismeLys van elemente volgens simboolAardedagBotswanaNaaldekokerRivierGevolge van aardverwarming op oseaneHaasVierde Industriële RevolusieKlitorisNedersettingPenisLys van Suider-Afrikaanse soogdiereThomas EdisonSiya KolisiEkologieMadison IvyVolhoubare ontwikkelingAngolese BurgeroorlogSwemKompasBurgerregteTrappe van vergelykingPriemgetalYouTubeAnale kankerDurbanVaginaGesondheidBolandse aardbewing van 1969Jaco JacobsLewerXhosasDiepaartromboseKunsmatige algemene intelligensieMandalaDramaMonopolieDrinkwatervoorsieningElektroniese of digitale mediaTemperatuurGriekse teaterOmtrek, oppervlakte en volumeTuberkuloseMikro-ekonomiePussy RiotSteve HofmeyrNederlandSnaarinstrumentDikdermSpreeuSteenkool in Suid-AfrikaMaselsBruin huisslangHoofpynSportKriekKonflik (proses)Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidFluoorVormDigvormKoorsblaarPirow BekkerEkonomiese sektorVarkGrondbesoedelingSeksuele opwekkingWoordeboek van die Afrikaanse TaalNatriumtiosulfaat🡆 More