Birmaanse Kat

Die Birmaanse kat (Engels: Burmese) is ’n kortharige katras wat in Afrikaans ook soms die Burmese kat genoem word na aanleiding van die Engelse naam.

Die naam in Thai is ศุภลักษณ์ (soebh-bha-lak, wat beteken gelukkig, mooi).

Birmaanse kat
Birmaanse Kat
Alternatiewe naam  "Burmese" kat
Land  Birma, Thailand
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Kort
Patroon  Effekleurig
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Die kat moenie verwar word met die langharige heilige Birmaanse kat nie.

Geskiedenis

Die meeste moderne Birmaanse katte is afstammelinge van een wyfiekat met die naam Wong Mau wat in 1930 van Birma na Amerika gebring is. Sommige verenigings beskou die Amerikaanse en Britse katte as twee verskillende groepe en noem laasgenoemde die Europese Birmaan. Hulle was oorspronklik almal bruin, maar ná jare van selektiewe teling is verskeie kleure nou te kry.

Birmaanse Kat 
American Birmaanse katte

Beskrywing

Birmaanse katte is intelligent, sosiaal en vriendelik met mense. Hulle miaau graag, maar het ’n sagter stem as die Siamese kat, en roep dikwels hul eienaars. Hulle het baie aandag nodig en hou nie daarvan om vir lang rukke alleen gelaat te word nie.

Watter kleure aanvaarbaar is, wissel van vereniging tot vereniging. Die aanvaarbare oogkleur is geel of goudkleurig. Die pels is blink, met ’n satynagtige voorkoms. Die vorm van die Britse ras is meer gematig, maar moenie Oosters wees nie, terwyl die Amerikaanse ras stewiger is. In Suider-Afrika word geen Birmaan geregistreer wat van Noord-Amerika af ingevoer is of ’n kat van daar in die laaste agt geslagte van sy stamboom het nie. ’n Siamese tipe of te stewige lyf is ook ’n fout. Ook Engeland se Governing Council of the Cat Fancy verbied die registrasie van Noord-Amerikaanse katte om die "tradisionele" bloedlyne te bewaar.

Sien ook

Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Birmaanse Kat GeskiedenisBirmaanse Kat BeskrywingBirmaanse Kat Sien ookBirmaanse Kat VerwysingsBirmaanse Kat Eksterne skakelsBirmaanse KatEngelsLys van katrasseThai

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartaanvalKolorektale kankerAbstraksie (rekenaarwetenskap)Galileo GalileiWêreld- Ekonomiese ForumDolfynCounter-Strike (videospeletjie)PseudowetenskapVerantwoordelikheidSeksueel oordraagbare infeksieKobus LombardVisKondensasieNedersettingKorrupsie7de LaanKonsentrasiekampPornhubAnneli van RooyenMierleeuRobert SobukweRekenaarVloeistofBreinSteenkool in Suid-AfrikaSuikersiekteRuslandProstaatkankerSwart nasionalismePlae van EgipteVermontAfleiding (taalkunde)Sias ReineckeSkoenlapperKoggelmanderNelson MandelaIngrid JonkerRooikatTasché BurgerSpelerposisies in rugbyUitwerking van klimaatsveranderingModeontwerpRoossenekalSelfmoordTuisbladVolstruisLys van bekende Suid-AfrikanersBysteekPlaasjapieJan van TonderWes-KaapHamburgerEngelsSkisofrenieDigvormSpinnekopGrondbesoedelingJannie du ToitIranVarkJo BlackBreinvliesontstekingSirkelJudaïsmeKongo-krisisNatuurrampVaginaDermpoliepDaggaRenteSikloonIvan ZimmermannBrandmondsindroomYstertydperkBesoedelingSarel Jacob PretoriusLongEkonomie van Suid-Afrika🡆 More