Bokwiet

Bokwiet (Fagopyrum esculentum) is 'n plant uit die duisendknoopfamilie (Polygonaceae).

Belangrike Europese produksielande van bokwiet as voedselgewas is Pole en in 'n mindere mate Frankryk.

Bokwiet
Fagopyrum esculentum
Bokwiet
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Polygonaceae
Genus:
Fagopyrum
Spesie:
F. esculentum
Binomiale naam
Fagopyrum esculentum
Moench
Sinonieme

vele

Dit is 'n eenjarige plant met 'n hol regopgroeiende, meermaal vertakte rooi stingel. Die blare is driehoekig tot hartvormig en is verspreid op die knope. Die wortelstelsel bestaan uit 'n sterk vertakte penwortel.

Bloeisels

Die bloeityd begin al in 'n jong stadium, soms al na ses weke, wat dan vyf-en-twintig tot dertig dae duur. Die blomme is in langstelige pluime gegroepeer, wit tot pienk van kleur, en bevat baie nektar. Op arm grond bereik bokwiet 'n hoogte van 50 cm. Voordat die bloeityd ten einde loop, is daar al ryp vrugte teenwoordig.

Saad

Die eetbare saad sit aan dun steeltjes wat in die ryp toestand maklik loskom. Dit het 'n meel- en eiwitryke inhoud, ooreenstemmend met die van klawer. Daar was vroeër twee rasse bekend: op die veengrond van Staphorster 'n bruinswart ras, en op sandgronde die Brabantse grys bokwiet. Die huidige rasse produseer minder nektar as die ou rasse. Tydens bewaring moet die saad droog wees, want dit muf maklik. Een kilogram saad bevat ± 45 000 sade.

Eienskappe

Bokwietmeel bevat baie magnesium, kalium en fosfor. Dit is voedsaam en lig verteerbaar. Deesdae word dit ook gekweek vir die geneeskunde.

Bokwiet lyk miskien na 'n graanproduk, maar dit is nie. Die meel daarvan kan goed gemeng word met ander graan, byvoorbeeld as basis vir pannekoek. Geroosterde bokwietkorrels staan bekend as 'kasja' in die Oos-Europese kookkuns.

Eksterne skakels

Tags:

Bokwiet BloeiselsBokwiet SaadBokwiet EienskappeBokwiet Eksterne skakelsBokwiet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Westdenedam-rampDie BylTurksvyChirurgieSportBoomDoziIslamitiese Staat2001Rooms-Katolieke KerkWoordHoërskool VorentoeTasché BurgerAnglo-BoereoorlogNicaraguaSonnestelselIndo-Europese taleSkaakSkipTropiese sikloonDigvormVerkleinwoordHoofpynFamilie (verwantskap)Kasteel die Goeie HoopSonpaneelHolocaustBosluisbytkoorsAlliterasieDemensieAfkortingWatervervoerIsrael1652DieetveselAnneli van RooyenAustraliëMielieDjihadAfrikaAardbewingPatrice LumumbaMiddeloorontstekingGlenys LynneLeeuPampoentjiesBiljoenSelfstandige naamwoordVerenigde Arabiese EmiratePalantir TechnologiesCarike KeuzenkampKleinblouoorglansspreeuSeksualiteitAardeGoogleAfvalbestuurNierversakingFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Marita NapierNasionale VrouedagWeeluisMynie GrovéKoppeltekenMiltAfrikanersSuiwelprodukBloemfonteinErektiele disfunksieLiewe HeksieLord’sKlem-in-die-kaakPosseëlNasiebouRumatoïede artritisSlag van Cuito Cuanavale🡆 More