Islamitiese Staat: Djihadiese militêre groep en 'n selfbenoemde staat wat dele van Sirië en Irak beset het

Die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL), ook soms die Islamitiese Staat in Irak en Sirië (ISIS) of slegs die Islamitiese Staat (IS) genoem, is 'n djihadiese militêre groep en 'n voorheen selfbenoemde staat oor dele van Sirië en Irak.

Die gebied waar ISIS aktief is, het vroeër die Levant geheet. ISIS streef na 'n kalifaat, 'n staat wat deur 'n kalief, dit wil sê 'n opvolger van die Islamitiese profeet Mohammed, regeer word. Die oorspronklike Islamitiese kalifaat is in 1924 ontbind toe die Ottomaanse Ryk ontbind is.

الدولة الإسلامية في العراق والشام
ad-Dawlah al-Islāmīyah fil 'Irāq wa ash-Shām
Islamitiese Staat in Irak en die Levant
Vlag van die Islamitiese Staat Seël van die Islamitiese Staat
Vlag Seël
Nasionale leuse: باقية وتتمدد
Bāqiyah wa-Tatamaddad
(Arabies vir: "Oorblywend en uitbreiding")
Volkslied: geen
Ligging van die Islamitiese Staat
Hoofstad Ar-Raqqah, Sirië (de facto)

35°57′N 39°1′O / 35.950°N 39.017°O / 35.950; 39.017

Grootste stad Ar-Raqqah
Amptelike tale Arabies
Regering
• Selfverklaarde kalief
kalifaat
"Ibrahim" Abu Bakr
al-Baghdadi
Onafhanklikheid
Vorming
• Islamitiese Staat verklaar
• Kalifaat verklaar


3 Januarie 2014
29 Junie 2014
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
onbekend km2  
Bevolking
 - -skatting
 - Digtheid
 
onbekend ([[Lys van lande volgens bevolking|]])
/ km2
Geldeenheid onbekend (-)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD geen
Skakelkode +geen

ISIS is in 1999 as 'n splintergroep van Al-Kaïda gestig na die omverwerping van Saddam Hoesein in Irak. Al-Kaïda het hom later van die groep gedistansieer omdat dit volgens hulle te ekstremisties is. Hulle pas sjaria-wette streng toe (kap diewe se hande af, lyfstraf vir mans wat drink en vroue sonder kopdoeke). Hulle het ook verskeie video's vrygestel waarin hulle joernaliste en ander gevangenes onthoof, soos van die onthoofding van 21 Koptiese Christene in Libië, 2015.

Die organisasie is deur die Verenigde Nasies, die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en verskeie ander lande as 'n terroriste-organisasie verklaar. Volgens Amnestie Internasionaal is die groep skuldig aan etniese suiwering op 'n historiese skaal. Teen Junie 2014 het meer as een miljoen Irakiërs al as gevolg van ISIS se gewelddadige aanslag uit hulle huise gevlug.

In Julie 2017 het die groep beheer oor sy grootste stad, Mosul, aan die Irakse weermag verloor. Na aanleiding van hierdie groot nederlaag het ISIL grondgebied aan die verskillende state en ander militêre magte wat daaraan gekoppel is, verloor, totdat dit teen November 2017 geen betekenisvolle grondgebied beheer het nie. Amerikaanse militêre amptenare en gelyktydige militêre ontledings het in Desember 2017 gerapporteer dat die groep net 2 persent van die grondgebied wat hulle voorheen gehad het, behou het. Op 10 Desember 2017 het Irak se eerste minister, Haider al-Abadi, gesê dat Irakse magte die laaste oorblyfsels van die Islamitiese staat van die land verdryf het, drie jaar nadat die militante groep omtrent 'n derde van die gebied van Irak gevang het. Teen 23 Maart 2019 het ISIL hul finale stukke beheerde gebied verloor en hul "tentstad" en gebiede in Al-Baghuz Fawqani aan die einde van die Slag van Baghuz Fawqani oorgegee.

Verwysings

Tags:

DjihadIrakIslamKaliefKalifaatLevantMohammedOttomaanse RykSirië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige intelligensieKoggelmanderAppelblaarByvoeglike naamwoordRynhesseDonker materieSkarlakenkoorsChristeneSonnestelselDrie SusterskerkeBybelBreingewasNoord-AmerikaReënspinnekopBakterieNasiebouKlimaatAkroniemJo BlackPuberteitEikelSkaapTegnologieBorsteHemelvaartsdagTongaanse nasionale rugbyspanMenstruasieUniversiteit StellenboschMartin BesterMenseregtedagKoninkryk van die Nederlande2024 Australiese Grand PrixGoogle MapsBreinvliesontstekingSpysverteringstelselKomeetKoue OorlogWortelMangelSterKlankverskynselsKoedoeTurksvyMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaMenslike skeletGesinsdagE-posVaginaPersAsynKadmiumLeeuPlantSonsverduisteringRooibokHekseryKlem-in-die-kaakHoofpynOu Apostoliese KerkPiet ByleveldEpilepsieTandbederfOraniaKinkhoesHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVermaakIndiëUnited Democratic FrontAuschwitz-konsentrasiekamp🡆 More