Dieetvesel (of soms ruvoer of growwigheid) is die onverteerbare gedeelte van voedsel afkomstig van plante en afval van die diere wat dieetvesel eet.
Daar is twee hoofkomponente:
Dieetvesel kan optree deur die verandering van die aard van die inhoud van die spysverteringskanaal en deur die verandering van hoe ander voedingstowwe en chemikalieë geabsorbeer word. Sommige tipes van oplosbare vesel absorbeer water tot 'n gelatienagtige, taai stof wat gefermenteer word deur bakterieë in die spysverteringskanaal. Sommige tipes van onoplosbare vesel het uitdyende aksie en word nie gefermenteer nie. Lignien, 'n belangrike onoplosbare dieetveselbron, kan die koers en metabolisme van oplosbare vesel verander. Ander vorme van onoplosbare vesel, veral weerstandige stysel, word ten volle gefermenteer.
Dieetvesel kom die meeste voor in groente en vrugte. Die berekende hoeveelhede van vesel in kos kan in die volgende tabel van verwagte vesel in USDA se voedselgroepe/subgroepe gesien word:
Voedselgroepe | gem. porsie | vesel g/porsie |
Vrugte | 0.5 k | 1.1 |
Donkergroen groente | 0.5 k | 6.4 |
Oranje groente | 0.5 k | 2.1 |
Gekookte droë bone | 0.5 k | 8.0 |
Styselgroentes | 0.5 k | 1.7 |
Ander groente | 0.5 k | 1.1 |
Volgrane | 28 g | 2.4 |
Vleis | 28 g | 0.1 |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Dieetvesel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.