Abruzze

Abruzze (Italiaans: Abruzzo) is 'n administratiewe streek in Suid-Italië of Sentraal-Italië, oos van Rome langs die Adriatiese Seekus geleë met L'Aquila as sy hoofstad.

---Sidenote START---
Wapen en vlag
Die Abruzze wapen Die Abruzze vlag
Algemene gegewens
Hoofstad: L'Aquila
Administratiewe verdeling: 4 provinsies
Oppervlakte: 10 763 vk km
Bevolking: 1 342 975 (2011)
Bevolkingsdigtheid: 120 inwoners per vk km
Webwerf: Regione Abruzzo
ISO 3166-2:
President: Marco Marsilio (FdI)
Kaart
Die ligging van Abruzze in Italië

Abruzze grens in die noorde aan Marke, in die weste en suidweste aan Latium en in die weste aan die Adriatiese See. Die streek beslaan 13 595 km² en het ongeveer 6 miljoen inwoners in 2004 gehad.

Abruzze
Die bergdorpie Pietracamela is teen die uitlopers van die hoogste piek Corno Grande in die Nasionale Gran Sasso en Monti della Laga-park geleë. Die nedersetting is lid van die vereniging I borghi più belli d’Italia waarin die mooiste historiese dorpe in Italië saamgesluit het
Abruzze
Die wintersportgebied van Prati di Tivo, net buite Pietracamela aan die voet van die Corno Piccolo ("Klein Horing") geleë
Abruzze
Die Gran Sasso d'Italia-massief, die "mooie slapende", soos gesien vanuit Pescara se jaghawe. In die voorgrond die brug Ponte del Mare

Dikwels word na Abruzze verwys as die "wilde hart van Italië", gegewe die majestueuse, ontoeganklike bergmassiewe en digte bosse wat grotendeels nog nie deur massatoerisme geraak word nie en 'n habitat vir bedreigde dierspesies soos bere en wolwe vorm. Wilde diere was in die verlede ook een van die hoofredes hoekom mense die berglandskappe en bosse liefs vermy het. Die streek se tweede bynaam, "die groen hart van Italië", sinspeel op die feit dat 'n derde van die streek se natuurruimtes beskerming geniet as nasionale parke of natuurparke. Met drie nasionale parke en die streekspark Sirente-Velino word Abruzze deur die hoogste digtheid natuurparke in heel Italië gekenmerk.

Die grootste van hierdie nasionale parke met 1 410 km², die Nasionale Gran Sasso-park, is genoem na die Gran Sasso-massief waarna die digter Gabriele D'Annunzio, 'n boorling van Pescara in Abruzze, verwys het as la bella addormentata - "die mooie slapende". Met pieke op hoogtes van byna 3 000 m bo seevlak is hier die hoogste punte van die Apennyne-bergreeks en die hele Italiaanse skiereiland geleë. Die hoogste bergpiek is die Corno Grande op 2 912 m.

Nie alle gebiede in Abruzze is meer of min ontoeganklik nie. Inderdaad is een van die opvallendste kenmerke van die streek die snelle afwisseling van landskapsvorme. 'n Motorrit van minder as twee uur oor 'n afstand van rofweg 50 kilometer neem 'n mens van die alpynse Gran Sasso-bergwêreld na uitgestrekte heuwellande en die Adriakus met sy breë sandstrande (waarvan baie blouvlagstatus het).

Provinsies

Die streek word in vyf provinsies opgedeel:

  • Teramo
  • Pescara
  • Chieti
  • L'Aquila (hoofstad)


Abruzze 

Administratiewe streke van Italië

Abruzze (Abruzzo)Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria)Kampanië (Campania)Emilia-RomagnaFriuli-Venezia GiuliaLatium (Lazio)Ligurië (Liguria)Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte)Sardinië (Sardegna)Sisilië (Sicilia)Toskane (Toscana)Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria) • Valle d'Aosta • Veneto

Tags:

Adriatiese SeeItaliëLatiumRome

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LenteDataverwerkingSuider-AfrikaGemeenskapMondKokerboomKlein gekolde katVorm7de LaanSeekoeiKarnivoorEendbekdierMusieksimboleBreinvliesontstekingWeer (meteorologie)Koos BekkerElon MuskWeermagMierNagmaalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaAtoomBedryfstelsel (inligtingstegnologie)PersKapitalismeTelwoordEkologieFotosinteseKindersiektesLongontstekingKolorektale kankerGreta ThunbergPornhubNic de JagerSikloonKolonialismeLongEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaN.P. van Wyk LouwBysteekHomoniemCradock-4VolstruisBybelWoordsoortFluoorWiskundeAdolf HitlerWêreld- Ekonomiese ForumEjakulasieKarpaletonnelsindroomSkoenlapperAlkoholismeFrankrykHolocaustMenslike skeletGemeenskapsorganisasieDansBeurtkragLiewe HeksieStadSimboolVulkanismeVoedingGordelroosIndustriële RevolusieGautengPrimêre sektor van die ekonomieLys van medisinale kruieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyNeurenberg-verhoreWaterbesoedelingDigitale en analogiese tydMielie🡆 More