Sisilië: Eilandgebied van Italië in die Middellandse See

Sisilië (Italiaans: Sicilia, ; Sisiliaans: Sicìlia) is 'n eilandgebied van Italië in die Middellandse See en 'n outonome administratiewe gewes van Italië.

---Sidenote START---
Wapen en vlag
Die Sisiliaanse wapen Die Sisiliaanse vlag
Algemene gegewens
Volkslied: Madreterra
(Sisiliaans vir: "Moederland")
Hoofstad: Palermo
Amptelike tale: Italiaans en Sisiliaans
Administratiewe verdeling: 9 provinsies
Oppervlakte: 25 711 vk km
Bevolking: 5 029 675 (2017)
Bevolkingsdigtheid: 195,6 inwoners per vk km
Webwerf: pti.regione.sicilia.it
ISO 3166-2: IT-82
President: Nello Musumeci (Diventerà Bellissima)
Kaart
Die ligging van Sisilië in Italië

Die eiland is in Europa in die suidweste van Italië, in die suidooste van Sardinië en ten noorde van Malta geleë.

Sisilië: Geografie, Vervoer, Fotogalery
Nasa-Satellietbeeld van Sisilië
Sisilië: Geografie, Vervoer, Fotogalery
Kaart van Sisilië

Sisilië is die grootste eiland in die Middellandse See. Sisilië het 'n bevolking van 5 029 675 in 2017 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 25 711 km². Die hoofstad en grootste stad is Palermo. Die amptelike tale is Sisiliaans en Italiaans.

Geografie

Die vulkaan Etna is 'n bekende vuurspuwende landmerk op Sisilië. Die Egadi-eilande is net wes van Sisilië.

Vervoer

Daar is sowel treinverbindings as motorweë tussen Sisilië en die punt van Italië. Hoewel 'n reuse vervoerbrug al sedert 1865 beplan word, word treine en motors steeds op veerbote gelaai om die water na en van die vasteland oor te steek.

Padvervoer

In die jongste vier dekades is motorweë dwarsoor die eiland gebou en uitgebrei. Die bekendste van die Sisiliaanse paaie is die autostrada wat langs die noordelike deel van die eiland loop. Groot dele van die motorweg is op pilare gebou, as gevolg van die bergagtige terrein van die eiland. Ander hoofweë in Sisilië is die SS.113 Strade Statali wat Trapani met Messina (via Palermo) verbind, die SS.114 Messina-Sirakuse (via Catania) en die SS.115 Sirakuse-Trapani (via Ragusa, Gela en Agrigento).

Spoorvervoer

Die eerste spoorlyn in Sisilië is in 1863 tussen Palermo en Bagheria geopen. Vandag word al die Sisiliaanse provinsies tussen meeste dorpe en stede, deur 'n netwerk spoorverbindings bedien deur Trenitalia. In Catania is daar sedert 1999 'n Metrotrein wat op 'n deel van die FCE-spoorlyn loop.

Lugvervoer en hawens

Daar is lughawens in Catania, Palermo en Trapani.

Ter see word Sisilië deur verskeie veerbootroetes en vraghawens bedien, en in alle groot stede dok lynskepe op 'n gereelde basis.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Sisilië: Geografie, Vervoer, Fotogalery 

Administratiewe streke van Italië

Abruzze (Abruzzo)Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria)Kampanië (Campania)Emilia-RomagnaFriuli-Venezia GiuliaLatium (Lazio)Ligurië (Liguria)Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte)Sardinië (Sardegna)Sisilië (Sicilia)Toskane (Toscana)Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria) • Valle d'Aosta • Veneto

Tags:

Sisilië GeografieSisilië VervoerSisilië FotogalerySisilië Sien ookSisilië VerwysingsSisilië Eksterne skakelsSisiliëEilandEuropaItaliaansItaliëMaltaMiddellandse SeeSardiniëSisiliaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Steve HofmeyrHematurieBorsteLys van Afrikaanse televisiereekseHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalBipolêre gemoedsteuringVoedselkettingSendelingposisieCristiano RonaldoMickey MuisFranse RewolusieKongo-krisisBraaiPirow BekkerLys van Afrikaanse skrywersOlifantRob HersovDemi Lee MooreDierEwenaarLys van veltoestandeAngssteuringNatuurUniondaleDesmond TutuDie Stem van Suid-AfrikaDistrik SesBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Migrasie van diereSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Byvoeglike naamwoordLidwoord7de LaanNasionaal-SosialismeWaterKameelperdHoofpynTransatlantiese slawehandelLys van Afrikaanse rolprenteArabiesKindermishandelingPersentasieDepressie (gemoedstoestand)Mahatma GandhiWetenskaplike klassifikasieAardedagBesproeiingVarkgriepAntisemitismeXhosaBoelieryWapen van Suid-AfrikaLionel MessiSpinnekopNarsismeGeslagsgelykheidMarie AntoinettePuntKevin RuddGeskiedenis van AfrikaansGloeilampJohn Brown (aktivis)SkarlakenkoorsTrappe van vergelykingRacheltjie de BeerHidroulikaVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese namePornografiese subgenresGewone breukeSelfieWiki CommonsSwitserlandCorioliskragBetonSeisoenAfrikaanse naguilApril🡆 More